Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 5 VAN 29

Abraham en Sara en die Skande van Onvrugbaarheid 

Lees: Genesis 15:1-6; Genesis 16:1-5; Matteus 19:26

SOAP

Genesis 16:1-2

Sarai het nog nie vir haar man Abram 'n kind in die wêreld gebring gehad nie. Sy het 'n Egiptiese slavin met die naam Hagar gehad. Toe sê Sarai vir Abram: “Die Here het my nou eenmaal daarvan weerhou om kinders te kan hê. Gaan slaap by my slavin. Miskien bring sy 'n kind in die wêreld wat my eie kan word.” En Abram het saamgestem met sy vrou. 

Matteus 19:26

Jesus het reguit na hulle gekyk en gesê: “Vir mense is dit onmoontlik, maar vir God is alles moontlik.” 

Oordenking

Dit het gelyk of die diepe begeerte van Sara se hart nooit 'n werklikheid sou word nie. Sy het gewag en gewag en ten spyte daarvan dat God belowe het dat Hy aan haar 'n seun sou gee, moes sy nog God se belofte sien waar word. 

Sara het die saak in eie hande geneem. Ons weet nie of haar besluit om haar diensmaagd Hagar, aan Abraham te gee om sy kinders te baar, uit skande, vrees, ongeloof of frustrasie was nie. Ongeag van haar denke, Sara het besluit dat haar manier van dinge doen, beter was as God s'n. In plaas van om staat te maak op sy belofte en sy karakter, het sy staatgemaak op haar eie vermoë om die situasie te beheer. 

Waaneer ons oorwelding is deur skande, kan dit veroorsaak dat ons geloof verloor in God se beloftes. Wanneer ons iets van God verlang ('n man, 'n kind, 'n werk, 'n gesonde liggaam) en ons sien nie dat Hy antwoord nie, kan ons vinnig ontmoedig word en bang word dat Hy nooit vir ons sal gee wat ons so desperaat begeer nie. In plaas van om toe te laat dat skande of vrees beheer oorneem, kom ons kies om God se beloftes te glo. Hy het nie belowe om vir ons presies te gee waarvoor ons vra nie, maar Hy het belowe dat Hy met ons sal wees, Hy sal vir ons voorsien en Hy sal ons troos in al ons beproewinge. Ons kan sy karakter vertrou. 

Gebed

Here, help my om krag in U te vind te midde van my worstelinge. Wys my asseblief dat U wondere kan verrig in my onvrugbaarheid, op die spesifieke manier waarop dit in my lewe wys. Gee vir my tervredenheid met wat U my gegee het. Help my om u glorie in alles te sien. Amen.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid