Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 1 VAN 29

Welkom by ons  Verlos van Skande  studie. Ons is dankbaar dat jy by ons aangesluit het! 

Skande is nie-diskriminerend. Dit val elkeen van ons aan, ongeag ons agtergrond, ouderdom of waar ons vandaan kom. Skande is slinks. Dit veroorsaak dat ons wil wegkruip en onsigbaar raak. Dit hou ons terug en laat ons ontoereikend voel. Dit breek ons selfvertroue en herinner ons aan al ons tekortkominge. 

Die skande in ons lewens moet die Een ontmoet wat ons van skande verlos. 

Of ons dit nou wil erken of nie, die mag van skande raak almal van ons. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In plaas daarvan om ons potensiaal uit te leef, hou skande ons graag geklee in verwyt, onsekerheid en twyfel. 

In hierdie vier-weke lange studie, sal ons elf verhale uit die Bybel bestudeer en uit die Skrif sien hoe God skande in hierdie persone se lewens en ook in ons lewens bestry. God verbreek die skande. Hy het dit in die verlede gedoen en Hy doen dit vandag. Jy hoef nie gebuk te gaan onder die krag van skande nie. God kan dit verbreek deur sy krag. In hierdie studie sal ons jou wys hoe. 

 

S.O.A.P.

Hier by Love God Greatly Afrikaans, gebruik ons die SOAP-metode vir ons Bybelstudies. Die SOAP-metode maak dit vir jou moontlik om dieper te delf in die verse en meer te sien as wanneer jy net eenvoudig die verse lees en dan aangaan. Ons wil jou aanmoedig om jou tyd te gebruik om die daaglikse verse te S.O.A.P. en vir jouself te sien hoeveel meer jy uit jou daaglikse stiltetyd sal kry.

Wat beteken S.O.A.P.?

S– Die S staan vir Scripture - jy skryf die teksverse neer ... jy sal verbaas wees om te sien wat God aan jou sal openbaar in sy Woord deur net die tyd te neem om die verse neer te skryf!

O– Die O staan vir Observation - wat sien jy in die verse wat jy lees? Wie is die gehoor? Is daar ‘n herhaling van woorde? Watter woorde staan vir jou uit?

A– Die A staan vir Application - dit is wanneer God se Woord persoonlik word. Wat sê God vandag vir my? Hoe kan ek dít wat ek nou net gelees het, toepas in my eie lewe? Is daar iets wat ek moet doen? Watter veranderinge moet ek maak?

P– Die P staan vir Prayer. Bid God se woord terug na Hom. As Hy iets aan jou geopenbaar het gedurende hierdie tyd in sy Woord, bid daaroor. Bely as Hy vir jou op sonde in jou lewe gewys het.

 

Inleiding: 

Skande is slinks. Dit hou daarvan om weg te kruip en maak dat ons ook saam wil wegkruip en onsigbaar raak. Dit hou ons terug en laat ons ontoereikend voel. Dit breek ons ​​selfvertroue en herinner ons graag aan ons tekortkominge.

Of ons dit nou wil erken of nie, die mag van skande raak almal van ons. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In plaas daarvan om ons potensiaal uit te leef, hou skande ons graag geklee in spyt, onsekerheid en twyfel. Skande is nie-diskriminerend. Dit val elkeen van ons aan, ongeag ons agtergrond, ouderdom of waar ons vandaan kom.

Genoeg is genoeg! Dit is tyd dat die skande in ons lewens die Een ontmoet wat ons van skande verlos. 

Vir die volgende vier weke gaan ons elf verskillende verhale uit die Bybel bestudeer en uit die Skrif sien hoe God skande in hul lewens sowel as in ons eie bestry.

Ons sal sien hoe Adam en Eva, met God se hulp, geleer het om die skande van sonde af te weer en God se liefdevolle genade met ope arms aan te neem. Abraham en Sara het geleer om die skande van onvrugbaarheid te beveg en hulle het vertrou op God se verlossing toe hulle foute gemaak het. Moses het die skande van ontoereikendheid ervaar en het God vertrou om in sy lewe te werk, ondanks sy twyfel en onsekerheid. Naomi het geleer om haar skande weens vorige besluite te laat vaar en te vertrou dat God beter dinge in die toekoms beplan. Gideon het die skande van swakheid laat vaar en vertrou dat hy inderdaad die regte man vir die werk was, want wie God roep, rus Hy ook toe.

Elkeen van hierdie verhale sal ons wys hoe God die Een is wat ons van skande verlos. Hy het dit in die verlede gedoen en hy doen dit steeds in ons lewens vandag. Ons hoef nie slawe te wees van die mag van skande in ons lewens nie. God kan ons siklusse van skande deur sy krag verbreek. In hierdie studie sal ons jou wys hoe.

Dit is ons gebed dat God jou deur sy Woord sal toerus en bemoedig om die versoeking om skande in jou lewe te ervaar teen te staan en dat jy God se liefde, vergifnis en verlossing met ope arms sal aanneem. Ons bid dat vroue na hierdie studie hulle hoofde 'n bietjie hoër kan hou, dat hulle vertroue sal kry om met vrymoedigheid vorentoe te gaan in geloof en dat hulle verstaan ​​hoe baie God vir hulle is. Vriendin, kom ons veg saam terug teen die mag van skande en kom ons neem die vryheid aan wat ons in en deur Christus het - Hy is die Een wat ons van skande verlos! Ons is so opgewonde om hierdie kragtige studie saam met jou te begin!

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid