Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 4 VAN 29

God Verwyder ons Skuld

Lees: Psalms 103:12-13

SOAP

Psalms 103:12-13

So ver as die ooste van die weste af is,
so ver verwyder Hy ons oortredinge van ons af.
Soos 'n vader hom ontferm oor sy kinders,
so ontferm die Here Hom oor dié wat Hom dien.

Oordenking

Sukkel jy ooit om te glo dat God jou waarlik vergewe het? Miskien sukkel jy om te glo dat God nie sondes uit jou verlede oor jou kop hou nie. Gelukkig spreek God dit aan in Psalm 103. Wanneer God ons vergewe, is dit asof daardie sondes so ver van ons af is as wat die ooste van die weste af is. Dit is nie dat God skielik vergeetagtig is nie, maar wel dat Hy nie daardie sondes teen ons hou nie. Jesus het vir ons gesterf en ons skuld is betaal - vir altyd. 

God sal nie daardie sondes voor ons hou en betaling vereis nie. 

Moenie dat sonde jou flous om te dink dat God jou nie vergewe het nie. Daar is geen sonde wat sterker as God is nie. Dit beteken dat sy liefde sterker is as enige oortreding wat jy kan begaan, sy medelye is dieper as enige skande wat jy ervaar en sy vergifnis bedek meer as enige sonde. Dit is barmhartigheid en genade. 

Gebed

Here, u goedgunstigheid en barmhartigheid is waarlik ongelooflik. Dit is vir my so moeilik om ander te vergewe vir klein dingetjies en tog vergewe U elke enkele sonde wat ek doen omdat ek aan U behoort. Here, help my om vinnig berou te toon en om sonde te beveg deur die krag van die Heilige Gees. Amen.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid