Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 7 VAN 29

Moses en die Skande van Ontoereikendheid

Lees: Eksodus 4:10-17; Psalm 103:7-9; Jesaja 41:10

SOAP

Psalm 103:7-9

Aan Moses het Hy sy wil bekend gemaak,

aan Israel wat Hy van plan was om te doen.

Barmhartig en genadig is die Here, 

lankmoedig en vol liefde.

Hy sal ons ons sonde nie bly toereken

en nie vir ewig toornig bly nie.

Jesaja 41:10

Moenie bang wees nie, Ek is by jou,

moenie bekommerd wees nie. Ek is jou God.

Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas,

met my eie hande red Ek jou.

Oordenking

Moses se gevoel van ontoereikendheid was niks nuuts nie, en duisende jare later worstel God se volk steeds met die gevoel dat ons nie genoeg is nie. Dit kan op elke gebied van ons lewens gebeur, veral as ons voel dat ons roeping te veel is of dat die werk te oorweldigend is. Maar, soos Moses, kan ons onthou wie ons aanmekaargeweef het in die moederskoot.

Wie ken ons beperkings? Wie ken ons sterk en swak punte? God ken al hierdie dinge dieper as wat ons ooit kan verstaan. Sy kennis van ons is nie net diep nie, Hy het ook belowe dat Hy ons nooit sal verlaat nie, en Hy sal ons die krag gee om sy wil te doen.

Ons kan gerus wees dat Hy by ons sal wees om ons te help en te lei, krag en wysheid te gee en ons te vertroos en vreugde te gee. Ons hoef nie die skande van ontoereikendheid te voel nie, want in Jesus is ons meer as genoeg.

Gebed

Here, U is vrygewig en barmhartig. In my swakheid gee U krag, in my dwaasheid bring U wysheid, in my nood bied U vertroosting. Help my om na U te kyk, want U ken my beter as wat ek myself ken en alles wat ek nodig het, is in U.

Amen.

Dag 6Dag 8

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid