Leesplan inligting

Verlos Van SkandeVoorbeeld

Verlos Van Skande

DAG 6 VAN 29

‘n God wat Ons van Skande Verlos

Lees: Jesaja 54:1-4

SOAP

Jesaja 54:4

Moenie bang wees nie, jy sal nie weer in die skande kom nie,

moenie so verleë daar staan nie,

jy sal nie weer verneder word nie.

Jy sal die skande uit jou jong dae vergeet

en nie meer dink hoe jy verneder is toe jy ‘n weduwee was nie.

Oordenking

Dit is goed om te huil vir dít wat jy graag wou hê, maar nog nie ontvang het nie. Vir sommige kan dit ‘n huweliksmaat wees, vir ander kan dit die lewe wees wat jy beplan het, of miskien is dit ‘n verlange na ‘n huis vol kinders of vir ‘n vriend om die Here te ken. Dit is goed om oor hierdie dinge te huil. Maar selfs in ons verlange kan ons juig en die Here prys vir wat Hy ons gegee het.

Hierdie lewe is moeilik. Dit is gevul met teleurstelling, verlies, swaarkry en hartseer. Maar onse God is die God wat verlos. Hy verlos ons teleurstellings en ons skande. Daar sal ‘n dag kom wanneer alles reggemaak sal word, wanneer die getroues beloon sal word, wanneer God se kinders bedek sal wees in vrede en rus. Ons skande sal nie wen nie. Ons dien ‘n God wat verlos.

Gebed

Here, U is goed vir u kinders. Alhoewel ek nie altyd u goedheid herken nie, glo ek dat u goed is. As ek oorweldig word, help my om verby my omstandighede te kyk na die hoop en die toekoms wat ek in U het. In die Naam van Jesus, amen.

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Verlos Van Skande

Worstel jy met skande in jou lewe? Dit val elkeen van ons aan. Skande wil ons weerhou van die geloofsgevulde lewe wat God vir elkeen van ons beplan het. In hierdie studie bestudeer ons elf verhale uit die Bybel en sien h...

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief:  http://LoveGodGreatly.com

 

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid