Leesplan inligting

Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 10 VAN 10

Toe die kinders van Israel die beloofde land ingegaan het, het God hulle opdrag gegee om twaalf klippe van die Jordaanrivier te vat en 'n gedenkteken op die rivier se oewer op te rig. 



Dié wat veg en in heerskappy wandel, moet leer om gedenktekens op te rig vir God se vele wonderwerke in hulle lewens, maar nie gedenktekens vir onbeantwoorde vrae nie. Elke keer wanneer God iets skouspelagtig in jou lewe doen, moet jy 'n "klip" van daardie situasie vat en 'n gedenkteken in jou denke oprig. Daardie herinnering word dan die verwysingsraamwerk vir jou geloof wanneer dinge moeilik raak. Ons gaan almal deur "Jordaanriviere" in ons lewe. Soms moet ons deur baie laagtepunte in ons geloofsreis gaan, maar God los ons nooit in wanhoop nie. Hy help ons daardeur. Gebruik die klippe van daardie laagtepunte in jou lewe om jou aan God se getrouheid aan jou te herinner.



Om te veg spruit uit geloof. Geloof spruit uit die onthou van God se getrouheid. Ja, die aanhoor van die Woord van God lei ons tot geloof, maar dit kom ook daaruit om God se werke te onthou. Een van die redes hoekom mense van verlossing na verlossing gaan in plaas van verlossing na heerskappy, is omdat hulle nie geloof het nie. Hulle word deur hul gevoelens gelei. Hulle word deur simptome beheer. Hulle bring God af na die vlak van hulle gemoedstoestande. Hulle gevoelens oor wat hulle in hul lewens sien gebeur, is vir hulle belangriker as die Woord van God.  Iemand wat in heerskappy wil leef, moet leef deur te glo en nie deur te sien nie. 'n Lewe deur geloof is nie so moeilik nie. Dit is daarop gebaseer om jouself te voed met die Woord van God en om sy werke te onthou.



As ons nie 'n gedenkteken oprig van wat God vir ons gedoen het nie, sal die duiwel ons gedagtes gyselaar neem deur dit te vul met die dinge wat God nie gedoen het nie. In plaas daarvan om gedenktekens vir wonderwerke op te rig, bou ons dan monumente vir onverklaarbare twyfel en vrae. Hoekom het God nie gekeer dat hierdie ongeluk met my gebeur nie? Hoekom het God nie my vriend of geliefde genees nie? Hoekom, o God, het hy selfdood gepleeg nadat ons vir hom gebid het? Hoekom is hierdie of daardie gebed nie verhoor nie? Hoekom is ek só gebore? Dit is geheime wat ons denke teister. Op sommige van hierdie vrae sal ons nooit aan hierdie kant van die ewigheid 'n antwoord kry nie. Dit is normaal om vrae te vra, maar om monumente te bou oor dinge wat God nie gedoen het nie of wat ons verwag het Hy sou doen, sal net ons geloof verswak. Sodra ons geloof 'n knou gekry het, is dit baie moeilik om oorwinnaars te wees. Ons verval in selfbejammering en begin om soos 'n slagoffer te lewe.



As jy in hierdie gebroke wêreld in heerskappy wil wandel, moet jy doelbewus onthou wat God in jou lewe gedoen het. Onthou sy wonderwerke, beantwoorde gebede, al die vervulde drome, alles waarvan Hy jou verlos het.  Sit in jou geheuebank al die gawes wat Hy elke dag so genadiglik vir jou gee en wat jy as vanselfsprekend beskou. Moenie vergeet wat Hy aan die kruis vir jou gedoen het en toe Hy op pinksterdag sy Gees gestuur het om binne-in jou te woon nie. Jy moet 'n argief in jou siel inbou waarin jy God se getrouheid kan bêre. Ontwerp jou gedenkteken in jou denke en jou hart, anders sal jou denke van nature wegdraai na die dinge wat God nie gedoen het nie.






As jy hierdie leesplan geniet het, sal ek jou aanmoedig om dieper te delf in my boek Fight Back (Beweeg van verlossing na heerskappy). Vind die boek op Amazon of laai dit gratis af op my webwerf.


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid