Leesplan inligting

Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 4 VAN 10

Toe Jesus ons uit die greep van die duiwel verlos het, sou mens dink dat Hy ons nooit weer met gesag sou vertrou nie, aangesien ons dit die eerste keer verbrou het. Jy sou wonder of God dalk dink: "moenie mense met heerskappy vertrou nie. Hulle weet nie wat om daarmee te doen nie. Verlos hulle net en hou hulle veilig tot die wegraping. Moet hulle nie vertrou om die bedrieglike Satan te weerstaan nie. Moet hulle nie vertrou om demone uit te dryf nie. Die duiwel en sy demone is listig en bedrieglik.  As hulle engele kon verlei, hoeveel te meer sal hulle mense nie kan verlei nie?" 



Ek gaan dit weer sê, God glo in ons meer as wat ons op Hom vertrou. God vertrou ons onmiddellik weer met gesag. Sy dissipels was nog nie volwasse nie. In werklikheid was hulle nog nie met die Heilige Gees gedoop nie. Jesus het nie vir hulle gewag om eers deur 'n Bybelskool te gaan voordat Hy hulle gesag gegee het nie. Die duiwel is kragtig, maar hy is nie almagtig nie! Ons vyand het krag, maar ons het deur ons Here Jesus Christus gesag oor al sy krag. 



Die Satan heers oor die mensdom weens ons sonde, maar ons kan oor hom heers omdat God ons die gawe van geregtigheid deur sy oorvloedige genade gegee het. Heerskappy was eerste tydens die skepping aan ons gegee, en toe moes Jesus dit aan die kruis herstel het. Ons is uit genade deur geloof gered, maar ons is ook bemagtig deur genade om in hierdie lewe te heers. Baie van ons gebruik slegs genoeg genade om die hemel te haal, maar mik nie hoër na 'n oorvloed van genade om te heers terwyl ons nog hier op aarde is nie. 



Hedendaagse gelowiges is soos die volk van  Israel wat uit Egipte gekom het, maar nie daarin geslaag het om die beloofde land binne te gaan nie. Ons is uit genade gered, maar dit is nou tyd om deur genade bemagtig te word sodat ons kan heers. As jy uit die krag van sonde verlos is en van die vloek en demone bevry is, is dit nou tyd om in heerskappy te lewe. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid