Leesplan inligting

Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 8 VAN 10

Nadat Israel die Jordaanrivier oorgesteek het, het Josua al die manne laat besny. Dit is 'n pynlike prosedure. Vergelyk dit nou met Israel wat die Rooisee oorsteek. 'n Paar dae nadat daardie ongelooflike wonderwerk om deur die see te ontsnap gebeur het, het hierdie verloste mense begin kla. Dit was vir God pynlik om daarna te luister. Die oud-slawe het gekla, maar die soldate word besny. 



Om te kla bring vir God pyn; besnydenis bring pyn aan die vlees. God het 'n nuwe geslag geleer dat voordat hulle heerskappy oor hulle vyande kon hê, moes hulle eers hulle eie vlees oorwin deur dit in onderwerping te bring. Voordat ons ooit dus ons "vyande" kan onderhewig maak aan ons, moet ons eers ons eie vleeslike begeertes aan God onderhewig maak. Dit, my vriend, is pynlik. 



Dit is wat Josua sy manne beveel het om te doen. Voordat hulle die slagveld kon aanpak, moes hulle 'n innerlike vyand oorwin het, naamlik die vlees. Besnydenis het Israel bevry van die "smaad wat van die Egiptiese tyd af" op hulle gerus het (Josua 5:9). 




  • Verlossing verdryf die demone, maar dissipline hou hulle uit. 

  • Verlossing is wat God vir jou doen; dissipline is wat God binne jou doen.

  • Dissipline is absoluut noodsaaklik om in heerskappy te kan wandel. 


Jy kan nie doelloos kyk waarna jy kyk, luister na wat jy luister, kuier saam met wie jy kuier en steeds verwag om in oorwinning te wandel nie. Daar is iets wat afgesny moet word vir diegene wat geroep is om te oorwin. Sommige kan nie hulle vyand oorwin nie, omdat hulle nog nie die vleeslike afgesny het nie. Hulle kan nie vir die Verlosser leef nie, omdat hulle nie aan hulle eie "self" gesterf het nie.



Om in heerskappy te kan wandel, moet ons wegsny aan kla, want kla is vir die duiwel wat aanbidding vir God is. 


Dag 7Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid