Leesplan inligting

Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 9 VAN 10

Nog iets wat in ons moet verander sodat ons oorwinnend kan terugveg, is in die gebied van gee. Israel is vir ons 'n goeie voorbeeld. Dit wat hulle liggaamlik ondergaan het, is wat ons geestelik ondergaan. Toe hulle Egipte verlaat het, het die Egiptenaars aan hulle waardevolle geskenke, skatte en rykdom gegee. Dit was ontsagwekkend. Toe hulle die beloofde land binnegegaan het, was die eerste ding wat God sy mense gevra het om te doen, om die hele stad Jerigo en absoluut alles wat daarin is, aan Hom te gee. God wou gehad het dat die eerste verowerings geheel en al aan Hom moet behoort. 



Die slawe-mentaliteit is bang om te gee; dit leef daarop om te ontvang. God wou daardie armoede-denkpatroon verander deur sy kinders te leer hoe om vrygewigheid te beoefen. Armoede leef op vrees; voorsiening leef op geloof. 



Dit het geloof geverg om die hele "stad Jerigo" aan God te gee. Hulle het teen die vyand geveg, maar mag niks vir hulself hou nie. Ons vleeslike denke skree mos: "Dis onregverdig!" Gierigheid in ons skree: "Dis myne!" Wêreldsgesindheid eis: "Ek verdien dit; ek het so hard hiervoor gewerk."  Iemand wat 'n slaaf van Mammon is (die valse god van gierigheid), haak uit by die gedagte van oordadige vrygewigheid. 



Jy kan nie in heerskappy leef as jy 'n slaaf van jou eie besittings, rykdom en dinge is nie. 



Die primêre aanduiding dat geld jou besit, is jou onwilligheid om God met jou geld te gehoorsaam. Dit was asof God probeer het om die slawe-mentaliteit van die Israeliete te verbreek. Hy het die "slagoffer"-denkpatroon weggeskaaf. Hy het hulle denke herskep sodat hulle soos voorspoedige mense kon begin dink. Hulle het vrygewig geword voordat hulle ryk geword het. Hulle was oorwinnaars voordat hulle die geveg gewen het. Dit is geloof. 



Die voormalige slawe het in die woestyn die skatte gebruik wat hulle uit Egipte gebring het om 'n goue kalf te maak om te aanbid, maar in die beloofde land het hulle 'n hele stad in aanbidding aan hulle Skepper gegee. Dit gaan nie oor geld nie, dit gaan alles oor jou ingesteldheid. Gierigheid is die slaaf van vrees; vrygewigheid is die kenmerk van geestelike soldate. Een van die maniere hoe heerskappy werk, word uitgeleef in die manier hoe ons ons finansies hanteer. Ons kan nie in heerskappy wandel as ons slawe van die gierige gees van Mammon is nie. En klaar. 



Om in heerskappy te wandel is meer as net om die duiwel te berispe. Dit is om jou inkomste aan die Here te gee as 'n manier om Hom te eer. Wanneer jy jou inkomste aan Hom gee, gee jy van jouself aan Hom wat die inkomste verdien het.


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid