Leesplan inligting

Veg TerugVoorbeeld

Fight Back

DAG 2 VAN 10

In plaas daarvan dat ons beweeg van bevryding na bevryding, het God bedoel dat ons van bevryding na heerskappy moet beweeg. Kom ons vat nou vir Israel as voorbeeld. God het nie beplan dat hulle weer na Egipte moet teruggaan om weer bevry te word nadat hulle uit die woestyn gekom het nie. In plaas daarvan het God, deur hulle bedags met 'n wolk te lei en snags met vuur, van hulle verwag om vorentoe te beweeg en vreeslose soldate te word. God het nie bloot slawe uit die land van slawerny geneem nie, maar Hy het hulle gelei om die beloofde land te gaan oorwin. Israel het menigmaal in die versoeking gekom om terug te gaan Egipte toe. Hulle het daaroor gepraat, daaroor gekla en selfs vir God en Moses daaroor gedreig. Soms het 'n lewe van slawerny beter as 'n lewe van vryheid in die woestyn gevoel. Hulle het nie verstaan dat alhoewel vryheid gratis was, om te leer hoe om in oorwinning te lewe, tyd, moeite, aanpassing en opleiding sou verg nie.



God se plan om Israel uit Egipte te kry was nie die finale doel gewees nie. Dit was slegs die middel tot sy doel. Die doel was vir hulle om die beloofde land in besit te neem; God wou dit nie net vir hulle gee nie.  In Egipte het hulle bevryding verkry deur self bitter min te doen, maar in die beloofde land moes hulle veg om dit in besit te neem en te behou wat aan hulle belowe is. In werklikheid het die kinders van Israel slegs dit besit waarvoor hulle geveg het, nie waarvoor hulle gewens of gehoop het nie.  Wat vir hulle in daardie tyd waar was, is vandag ook vir ons waar. God verlos ons van die wrede farao, maar Hy verwag van ons om die goddelose Filistyne te oorwin.  Die beloofde land was anders as Egipte.  Die Israeliete was uit Egipte bevry, maar die beloofde land het heerskappy geverg. Dit is wat Israel gedoen het en wat ons ook moet leer om te doen.



Stryde is nie dieselfde as slawerny nie. Om in die stryd betrokke te raak is die aangewese voorreg van vry mense. Slawerny is sleg, stryde is goed. Slawerny maak van jou 'n slaaf; 'n stryd maak van jou 'n soldaat. Ons moet ons denke hernu dat 'n stryd sleg is. Dit is die sleutel tot 'n deurbraak. Dit is tyd om te beweeg van vryheid na veg. God het ons vrygemaak van sonde, maar nie van oorlogvoering nie. 



Wanneer jy gered en verlos word, hou die stryd nie op nie. Trouens, dit is maar in werklikheid eers die begin. In bevryding werk God vir jou, maar in heerskappy werk Hy deur jou. God verlos jou nie van die stryd nie, maar Hy lei jou daarvoor op. As gevolg van die kruis, veg ons nie meer om oorwinning nie, maar ons veg vanuit oorwinning tot oorwinning. Of jy daarvan hou of nie, ons moet veg. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Fight Back

Ons het nog baie stryde om te stry, maar ons veg nie om die oorwinning te behaal nie; ons veg vanuit die oorwinning wat alreeds aan die kruis behaal is. Daar is sekere vyande waarvan God jou vrymaak, maar dan is daar wee...

More

Ons wil graag dankie sê vir Vladimir Savchuk wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.vladimirsavchuk.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid