Leesplan inligting

Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld

Growing A Healthy Church

DAG 10 VAN 10

Gesonde Kerke Blink Nog Meer Uit


Kom ons maak 'n opsomming van die karaktertrekke van gesonde kerke, waaroor ons die afgelope paar dae in die Woord van God gelees het.


Gesonde kerke:


  • Volg die bloudruk

  • Leef eensgesindheid uit

  • Gee

  • Dra goeie vrug

  • Groei en vermenigvuldig

  • Het baie leraars

  • Is prettig en aanloklik

  • Fokus op die belangrikste ding


Sjoe, die lys behoort jou opgewonde te maak om 'n gesonde kerk op te bou! Dis egter onvolledig. Daar is nog een karaktertrek wat gesonde kerke het. 'n Gesonde kerk volg nie net gesonde praktyke nie. Hulle blink eerder nog meer daarin uit. Hulle vra hulself gedurig af hoe hulle kan verbeter, sterker word en inniger liefhê.


Daar is 'n sterk dryfveer en passie om vordering te maak, nie vir hulle eie eer nie, maar tot eer van God. Gesonde kerke glo werklik dat daar nog meer mense is om na uit te reik. Meer geleenthede om te gee. Sterker eensgesindheid om uit te leef. Meer kerke om te stig. Meer leiers om toe te rus. Meer van God om te weet en te deel. Hulle blink steeds meer uit.


Kom ons streef daarna om 'n gesonde kerk te bou, waar mense verander word en gemeenskappe herskep word, alles tot eer van God.


Wanneer jy vandag se Skrifgedeeltes lees, wees bemoedig om nie net te doen waarvoor die Woord van God jou geroep het nie, maar om nog meer uit te blink. Solank as wat jy asemhaal, het God meer wat Hy in en deur jou wil doen.


As jy hierdie leesplan geniet het en meer te wete wil kom oor hoe Network Churches kerke wêreldwyd bedien, besoek www.network.church.


Dag 9

Aangaande hierdie leesplan

Growing A Healthy Church

As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid