Leesplan inligting

Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld

Growing A Healthy Church

DAG 4 VAN 10

Gesonde Kerke Gee


In Handelinge sien ons die geboorte van die kerk en die aangrypende beweging van God in die harte van mense. Heel aan die begin sien ons dat die kerk buitensporig vrygewig is. Hulle geloof is so uitsonderlik, dat hulle alles deel wat hulle het.


Gesonde kerke gee. Ek hou baie van pastoor Robert Morris se idee dat die werkwoord van die hele Bybel net sowel "gee" kan wees, in plaas van "liefde". Die kern van die evangelie is dat God die wêreld so liefgehad het, dat Hy gegee het. Ons is die meeste soos God wanneer ons gee. Hierdie soort vrygewigheid in gesonde kerke, gaan nie oor bronne nie, maar oor die hart. Dis 'n denkrigting wat skuif van "ons" kerk na "SY" kerk en van "ons" bronne na "SY" voorsiening. Gesonde kerke besluit om te gee op grond van die behoeftes wat hulle raaksien, nie die koste van die projek nie.


In kerke wat gee, word behoeftes bevredig, vir beide gelowiges en hulle wat ver van Christus af is. Daar is vreugde en samesyn. Mense buite die kerk voel aangetrokke tot die kerk. Kinders sonder permanente huise, kry gesinne. Die minderbevoorregtes en mense met minimale bronne, kry die ondersteuning en bronne wat hulle nodig het.


Terwyl jy vandag se gedeelte lees, laat die woorde "gee" en "het gegee" jou opval.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Growing A Healthy Church

As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid