Leesplan inligting

Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld

Growing A Healthy Church

DAG 3 VAN 10

Gesonde Kerke Leef in Eensgesindheid


Die Verenigde State se hokkiespan het in 1980 die skynbaar onoorwinlike Russiese span in die semi-finale rondte van die Olimpiese Spele verslaan en daarna die goue medalje gewen. Dit word as een van die merkwaardigste oomblikke in sport se geskiedenis beskou. 'n Span van uitgesoekte, uniek talentvolle amateur spelers, het saamgekom as 'n effektiewe, verenigde span. Dit was egter nie hulle individuele talente wat hulle effektief gemaak het nie — dit was hulle vermoë om hulle talente vir een doel saam in te span.


'n Gesonde kerk lyk soos daardie 1980-hokkiespan van die Verenigde State. Dit bereik oneindig meer in samewerking met ander, as op hul eie. Elkeen doen hulle deel met passie en uitnemendheid en erken die behoefte van die breër kerkgemeenskap om Christus se missie te vervul. Dit word bekend vir dít waarvoor dit staan, nie waarteen dit gekant is nie. Dit word omring deur ander kerke wat daaroor passievol is om saam te werk en nog meer te doen. Dit bestaan uit baie individuele lede wat hulle rolle vervul en buitengewone dinge vir God doen. 


Menigmaal bring die woord "eensgesindheid" 'n beeld na vore van kerke wat dieselfde lyk, optree en praat, maar dis nie 'n akkurate beeld nie. Ons verwar eenheid met eensgesindheid. Ware eensgesindheid is wanneer elke kerk sy unieke rol met een algemene doel in gedagte vervul, net soos die baie verskillende dele van jou liggaam saamwerk. Hierdie eensgesindheid is ongelooflik kragtig, mooi en betekenisvol.


Jesus was passievol oor die eensgesindheid van gelowiges. Hy het gebid dat ons so sou lewe, want Hy was bewus van die verstommende resultate wat dit kan oplewer.


Wat gebeur met kerke wat in eensgesindheid leef?


  • Hulle doen wat God sou doen.

  • Hulle bereik groot dinge.

  • Hulle trek buitestaanders in.

  • Hulle lei mense om volkome toegewyde volgelinge van Christus te word.

Dis die moeite werd om eensgesindheid na te streef. Is daar areas in jou bediening waar jy kan begin om 'n pad na eensgesindheid te bou? Terwyl jy vandag se Skrifgedeeltes lees, bid ons dat jy herinner sal word aan die krag en doel van eensgesindheid.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Growing A Healthy Church

As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid