Leesplan inligting

Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld

Growing A Healthy Church

DAG 9 VAN 10

Gesonde Kerke Fokus op die Belangrikste Ding


Die uiteindelike doel van die kerk is nie om te groei, goeie omstandighede of effektiwiteit nie. Die uiteindelike doel van die kerk is om eer aan God te bring. Alles is tot sy eer.


Gesonde kerke fokus op die belangrikste ding. Hulle is passievol op soek na God. Hulle word nie deur programme, getalle of erkenning gemotiveer nie, maar gebruik dit wanneer hulle deur die Heilige Gees aangespoor word om die Naam van Jesus bekend te maak. Hulle streef daarna om die eer van God deur hulle te openbaar. Hulle smag na meer van God. Hulle begryp dat die evangelie nie oor ons gaan nie, maar oor God. Hulle is gedurig besig om op die belangrike dinge te fokus.


In Lukas 10 is 'n goeie voorbeeld hiervan; om iets vir Jesus te dóén teenoor samesyn met Jesus. Hierdie welbekende verhaal van Maria en haar suster Marta praat vandag nog met ons oor die belangrikheid om ons verhouding met Jesus eerste te stel en dán sy missie te vervul.


Die Here antwoord haar: “Marta, Marta, jy is besorg en bekommerd oor baie dinge, maar net een ding is nodig. Maria het die beste deel gekies, en dit sal nie van haar weggeneem word nie” Lukas 10:41-42.


Moenie so besig met God se werk raak dat jy vergeet om in sy teenwoordigheid te wees nie.


Terwyl jy vandag se Skrifgedeelte lees, onthou dat jy heel eerste 'n volgeling van Christus is. Jou uiteindelik doel is om God te ken en Hom te verkondig, alles tot sy eer!


Dag 8Dag 10

Aangaande hierdie leesplan

Growing A Healthy Church

As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid