Leesplan inligting

Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld

Growing A Healthy Church

DAG 5 VAN 10

Gesonde Kerke Dra Goeie Vrug


Die woord "vrug" is regdeur die Bybel 'n goeie aanduiding van diegene wat waarlik in Jesus glo. Jy kan maar net na die vrug van 'n boom kyk om te sien of die boom gesond is. Dit maak nie saak hoeveel vrugtebome jy het nie. Wat saak maak is dat die bome goeie vrugte dra.


Gesonde kerke se passie is om goeie vrug te dra. Hulle rig strukture op en plaas prosesse in plek wat omgewings skep vir 'n gesonde boord. Hulle neem moeilike besluite as die bome min vrugte dra. Alles wat hulle doen, lei uiteindelik mense daartoe om ten volle toegewyde volgelinge van Christus te word.


Gesonde kerke is vol mense wat herskep is deur die krag van God en wat sy doel vir hulle uitleef. Hulle is gevul met mense wat Christus se voorbeeld volg, beide binne en buite die kerk. Hulle is vol mense wat meer vrug van die Gees dra, as vrug van die vlees. Gesonde kerke dra goeie vrug.


Kerke kan so vasgevang word in alles behalwe om goeie vrug te dra, maar vandag se gedeelte is 'n goeie herinnering: mense sal weet dat ons Jesus volg, as hulle ons vrug sien. Dis slegs in ons verbondenheid met Jesus dat ons goeie en standhoudende vrug sal dra. Terwyl jy vandag se Skrifgedeelte lees, vra jouself af oor die vrug wat jy in jou lewe dra en wat jou kerk dra. Laat toe dat die Woord van God jou herinner dat ons geroep is om goeie vrug te dra.


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Growing A Healthy Church

As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid