Leesplan inligting

Bou 'n Gesonde Kerk Voorbeeld

Growing A Healthy Church

DAG 2 VAN 10

Gesonde Kerke Volg die Bloudruk


Jy moet 'n bloudruk volg om 'n goeie gebou op te rig. Bloudrukke gee 'n uitleg van die hele struktuur van die gebou, vanaf die fondament tot die raamwerk en die vertrekke se uitleg. Bloudrukke gee ook 'n duidelike beeld van hoe die finale gebou behoort te lyk.


Die Woord van God is die bloudruk van die kerk. Dit identifiseer die fondament en die bouplan en toon 'n duidelike beeld van hoe die kerk behoort te lyk. Regdeur hierdie leesplan sal ons 'n groot gedeelte van hierdie beeld sien, maar vandag gaan ons na drie kragtige, belangrike waarhede kyk wat verband hou met die bloudruk:


  1. Jesus is die fondament van die kerk.

  2. Jesus sal sy kerk bou.

  3. Ons is die boustene wat Jesus gaan gebruik om sy kerk te bou.

Gesonde kerke volg die bloudruk. Hulle vertrou God om hul kerk op die enigste fondament te bou wat sterk genoeg is om stabiliteit en krag te gee. Hulle is passievol daaroor om die kerk te wees en mense te help om hulle unieke rol daarin te vind.


Terwyl jy vandag lees, laat toe dat die Woord van God diep insink as jy aan die bloudruk se basiese beginsels herinner word. Jesus is die fondament. Hy is die boumeester. Hy is die leier. Ons is die kerk en ons is hier ter wille van die wêreld.


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Growing A Healthy Church

As 'n predikant bring jy baie tyd deur om ander te lei en te bemoedig, maar die Bybel het ook bemoediging vir jou. Hierdie 10-dag leesplan verduidelik 10 praktiese maniere hoe jy jou kerk se gesondheid kan verbeter, deur...

More

Baie dankie aan Life.Church Open Network wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://open.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid