Leesplan inligting

Gewaagde GeloofVoorbeeld

Daring Faith

DAG 3 VAN 7

Gewaagde Geloof: Petrus se Tree



Onlangs het ek baie vinnig teen die trappe afgekom en het die briljante idee gehad om 'n paar trappe oor te slaan om tyd te bespaar. Laat ek net sê dit was nie my voortreflikste oomblik nie. Gelukkig het my tuimel teen die trappe af my net met 'n gekneusde knie en 'n gekneusde ego gelaat. Dis ook 'n snaakse storie wat my nog steeds laat lag!



Agter die humor is daar egter 'n les: Elke tree na ons bestemming is 'n belangrike een. Indien ons noodsaaklike treë uitlaat, sal dit net tot onnodige pyn lei.



Daar is geen kortpad om meer soos Jesus te word en om jou Godgegewe opdrag te vervul nie. Daar is geen geheim daarbuite wat jou op 'n vinnige baan na sukses gaan plaas nie. Daar is geen in-groep wat jou uit eenvoudige geloofsvertroue kan help nie. Daar is geen towerpil wat jou gaan help om jou daaglikse kruis te vermy en om God se opgestane krag te ervaar nie.



Daar is net die volgende tree. Jesus is altyd getrou om jou na die volgende tree te lei. Hy verlig jou pad deur sy Woord, deur die raad van die Heilige Gees en die wysheid van ander.



Dit is nooit 'n vraag of daar 'n volgende tree is nie. Die vraag is net: sal jy dit neem?



Die volgende tree sal heel waarskynlik moed, nederigheid en dissipline vereis; en dit sal altyd geloof vereis.



Petrus se volgende tree het definitief geloof vereis! In Matteus 14, het Petrus op stormagtige waters saam met die dissipels geseil toe hy Jesus in die verte op die water sien loop het! Jesus het Petrus genooi om by Hom op die water aan te sluit, en Petrus het 'n keuse gehad om te maak. Sal hy in die veiligheid van die boot by sy vriende bly of sal hy die moedige tree neem om uit die boot te klim om na sy Verlosser te gaan? Petrus kies die pad van gewaagde geloof — Petrus het nie net op die water getrap nie, maar hy het ook begin loop! Met een eenvoudige tree het Petrus se verhaal 'n dramatiese en wonderbaarlike uitkoms gehad!



Jou volgende tree maak saak. Net soos Petrus sal jy daarsonder nie die krag van God in jou lewe ervaar nie! Die volgende tree is altyd die moeite werd om te neem. Neem dus jou volgende tree. Moenie dit uitstel nie. Gaan voort! Jesus roep — Hy roep jou vorentoe!


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Daring Faith

Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy ...

More

Ons wil graag vir Nicole Reyes bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nicolereyes.life

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid