Leesplan inligting

Gewaagde GeloofVoorbeeld

Daring Faith

DAG 1 VAN 7

Gewaagde Geloof: 'n Inleiding

Laat ons eerlik wees. Party keer is geestelike volwassenheid harde werk!



Geloofshelde soos Abraham, Moses en Elia het dit so maklik laat lyk. Goed, miskien nie maklik nie, maar sekerlik voorspelbaar. Voorspelbaar omdat ons 'n paar hoofstukke vooruit kan lees en weet hoe hul verhale eindig. Ons kry egter nie die luuksheid om vooruit te sien hoe ons lewens gaan uitwerk nie. Dit verg nie so baie geloof om te herken dat God in iemand se volledige verhaal aan die werk is nie, MAAR dit neem baie vertroue om te glo dat Jesus vir jou 'n goeie einde skryf terwyl daar waarskynlik heelwat hoofstukke voor voltooiing oor is.



Tog is vertroue in Jesus in die tussen-in tye waaroor geloof gaan. Uiteindelik is dit geloof wat God tevrede stel. Geloof. Gewaagde geloof. Eenvoudige vertroue in Jesus is wat God van elkeen van ons vra.



In die tussen-in hoofstukke kan jy met vertroue weet dat Jesus jou lewe lei. Sy teenwoordigheid en leiding bring meer bemoediging as die briljantste planne en meer hoop as die opwindendste drome!



Die Outeur van jou verhaal is getrou. Hy is betroubaar. Hy is volmaak. Sy wil is volmaak en Hy dra jou beste belange op die hart. Solank as wat Jesus die skrywer is, kan jy met vertroue weet dat die verhaal van jou lewe goed sal wees!



Oor die volgende sewe dae sal ons van die verhale bestudeer wat God in die lewens van sommige mense in die Bybel geskryf het. Dit was gewone manne en vroue met 'n uitsonderlike geloof! Hulle verhale is nie net geskryf deur die Groot Outeur self nie, maar is ook opgeteken in die Bybel, want hulle het gewaag om God te vertrou. Terwyl ons dus saamlees is my gebed dat jou geloof meer en meer oorspronklik, veerkragtig en bo alles, gewaagd sal wees!


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Daring Faith

Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy ...

More

Ons wil graag vir Nicole Reyes bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nicolereyes.life

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid