Leesplan inligting

Gewaagde GeloofVoorbeeld

Daring Faith

DAG 2 VAN 7

Gewaagde Geloof: Samuel se Reaksie



Ek is nie 'n selfie-entoesias nie. Ek kan nie die regte hoek bemeester of die regte beligting kry nie en om die regte filter te kies kan vir my regtig uitdagend wees!



Tog lewe ons in 'n selfie-wêreld. Daar is sowaar baie selfies wat elke dag geneem word, dat na ons verwys word as die "selfie-geslag".



Dit klink na baie meer as net 'n liefde vir fotografie. Miskien is hierdie selfie-obsessie meer 'n bekentenis van die hart.



Laat ons eerlik wees — nie net is ons geneig tot oormatige self-fotografie nie; ons is geneig tot 'n oormatige self-fokus. Ons poseer vir die perfekte selfie — die een waarin ons baie goed lyk, waaroor ons goed voel en waarvan mense sal hou. Ons wil ook die perfekte mens wees: 'n lewe hê waarin jy goed lyk, goed voel en beny word. Sonder die leiding van die Heilige Gees kan hierdie begeertes ons op 'n gevaarlike pad lei. Wanneer ons verteer word deur ons eie belangstellings sal ons lewens ongelukkig vlak en giftig word. Ons lewens is bedoel vir soveel meer!



Samuel leer ons 'n ander manier. In 1 Samuel 3, word Samuel in die middel van die nag wakker gemaak deur 'n onbekende stem. Nadat hy die stem vir die derde keer gehoor het besef Samuel, met die hulp van Eli, dat dit God is wat hom roep.



Die meeste mense in Samuel se posisie sou gereed wees met 'n wenslys wat hy toegestaan wou hê of met griewe wat hy wou lug. Nie Samuel nie. Samuel reageer op God met 'n eenvoudige: “Spreek, Here, want u kneg hoor.”



Samuel het dit gewaag om te glo dat wat God te sê het, by verre beter was as enigiets wat die jong Samuel oor kon vra of hom kon voorstel. Samuel was nie geïnteresseerd om sy eie belangstellings na te streef nie. Inteendeel, Samuel het gekies om God se wil na te streef. Samuel was nie selfie-obsessief nie — hy was dienaar-gesind.



Gaan voort en neem so nou en dan 'n selfie indien jy daarvan hou, maar weier om 'n self-gefokuste mentaliteit aan te neem. Waag dit om van jou eie agendas te laat vaar en soek eerder na God s'n. Laat Jesus jou ambisies vorm. Sy planne vir jou is baie beter as enige waarmee jy te voorskyn kan kom! Moenie dat self-fokus jou keer om alles te ervaar wat God vir jou wil gee nie. In plaas daarvan, reageer op Jesus met gewaagde geloof soos: “Ek is u dienaar, Here, ek luister!”


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Daring Faith

Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy ...

More

Ons wil graag vir Nicole Reyes bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nicolereyes.life

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid