Leesplan inligting

Gewaagde GeloofVoorbeeld

Daring Faith

DAG 7 VAN 7

Gewaagde Geloof: Nehemia se Deernis


Ons lewe in 'n interessante tyd ... 'n Tyd waar vlugtelinge alles sal waag om grense oor te steek vir 'n veilige plek wat hulle 'n tuiste kan noem. 'n Tyd waar boosheid die veiligheid van onskuldige lewens in die naam van terrorisme bedreig. 'n Tyd waar leiers in skandale ontbloot word wat letsels van skeptisisme op die harte van die massas laat. 'n Tyd waar gesprekke oor seksualiteit en geslag mense met meer vrae as antwoorde en meer pyn as genesing laat. 'n Tyd waarin rassisme nog steeds in woonbuurte, universiteit kampusse, kerkgeboue, hofsale en gesinsetes bloei.



Ons lewe in 'n donker tyd, 'n tyd wat lyk asof dit veiliger is om van die mensdom af terug te deins en net vir jouself te sorg.



Tog het Jesus gesê dat die wêreld deur ons liefde sal weet ons sy dissipels is .



Nie deur ons antwoorde, opinies, prestasies of selfs ons vermoëns om ongedeerd te bly in 'n gevaarlike wêreld nie. Nee, deur ons liefde. Die oplossing vir donkerte is ons liefde. Gewaagde geloof kies altyd die weg van liefde.



Nehemia het liefde gekies. Nehemia het 'n gemaklike lewe in die paleis as die koning se skinker gelei waar hy rykdom en sukses kon ervaar. Toe hoor hy van die benarde posisie van die volk van God in Jerusalem. Die stad was sonder mure om hulle te beskerm en hulle is voortdurend geteister en onderdruk. Nehemia se hart het gebreek van deernis vir die burgers van Jerusalem. Hy was gewillig om die gemak van die paleis te verlaat en hoop te bring aan die volk wat tussen ruïnes woon. Met deernis teenoor hulle het hy die mure van Jerusalem herbou. Sy deernis het nie net die rigting van sy eie lewe verander nie, maar ook die lewens van God se volk.



Gewaagde geloof wat God behaag is geloof wat deur liefde en deernis gemotiveer word; geloof wat bereid is om die nodige te doen om mense te help.



My gebed vir jou is dat jy om jou sal kyk met vars oë en 'n geopende hart om mense regtig raak te sien. Ek bid dat jy hulle regtig sal sien — nie as 'n bedreiging, probleem of ongerief nie — maar as kinders van God om te dien. Ek bid dat jy mense sal sien, en voordat jy wonder wat hulle vir jou kan doen, jy sal begin droom oor maniere hoe jy hulle kan seën. Ek bid dat jy dit sal waag om te doen wat nodig is om ander om jou te help!


Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Daring Faith

Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy ...

More

Ons wil graag vir Nicole Reyes bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nicolereyes.life

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid