Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan. Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen. Die skuit was reeds 'n paar kilometer van die kus af en is deur die golwe geteister, want die wind was van voor. Met dagbreek die volgende môre het Hy op die see na hulle toe aangeloop gekom. Toe sy dissipels Hom op die see sien loop, het hulle groot geskrik en gesê: “Dis 'n spook!” Van angs het hulle hard begin skreeu. Maar Jesus het dadelik met hulle gepraat en gesê: “Wees gerus, dit is Ek. Moenie bang wees nie.” Toe sê Petrus vir Hom: “Here, as dit regtig U is, beveel my om op die water na U toe te kom.” “Kom!” sê Hy. Petrus het uit die skuit geklim, op die water begin loop en naby Jesus gekom. Maar toe Petrus sien hoe sterk is die wind, het hy bang geword en begin sink en uitgeroep: “Here, red my!” Dadelik het Jesus sy hand uitgesteek, hom gegryp en vir hom gesê: “Kleingelowige, waarom het jy begin twyfel?” Hulle het toe in die skuit geklim, en die wind het gaan lê. Die manne in die skuit het voor Jesus gekniel en gesê: “U is waarlik die Seun van God.” Hulle het toe land toe gevaar en by Gennesaret aan wal gegaan. Net toe die mense van daardie plek agterkom wie Hy is, het hulle boodskappers deur daardie hele omgewing gestuur, en die mense het almal wat ongesteld was, na Hom toe gebring. Hulle het Hom gevra dat die siekes tog maar net aan die soom van sy klere mag raak. En almal wat dit gedoen het, het gesond geword.
Lees MATTEUS 14
Deel
Vergelyk alle weergawes: MATTEUS 14:22-36
5 Days
At a time when fear is gripping many hearts – even the hearts of those who believe in Jesus – it’s time to take a stand. It’s time to be bold in our faith, to shine the light of Jesus’ love into the hearts of those around us. Join Christianityworks’ Berni Dymet as he opens God’s Word to allow the Holy Spirit to breathe a quiet confidence within you.
5 dae
In ‘n tyd waarin selfs gelowiges in vrees leef, is dit tyd om onbevrees vir ons geloof op te staan en die lig van Jesus se liefde in die harte van mense te laat skyn. Sluit gerus by Berni Dymet van Christianityworks aan, as hy die Bybel oopmaak en die Heilige Gees die geleentheid bied om rustigheid en vrede in jou hart te bring.
While Jesus walked on earth, He performed more miracles than we’ll know about. He healed the sick, brought people back to life, and did unimaginable acts that left onlookers speechless. In this Plan, we’ll learn about five miracles Jesus performed and the truths from them that we can apply to our lives.
7 Days
Don’t let fear keep you from experiencing the vibrant life divinely destined for you! Instead, explore through Nicole Reyes’ daily devotional biblical accounts of those who dared to fearlessly trust God. You will discover a more authentic, resilient, and above all, daring faith!
Stoor verse, lees vanlyn, kyk na onderrigsnitte, en meer!
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's