Leesplan inligting

Gewaagde GeloofVoorbeeld

Daring Faith

DAG 6 VAN 7

Gewaagde Geloof: Dawid se Oorspronklikheid


Tegnologie is 'n tweesnydende swaard. Aan die een kant is dit 'n briljante hulpmiddel wat ons oral oor die wêreld aan mekaar verbind hou. Ons kan sommer vinnig op sosiale media platforms sien wat ons vriende, familie en rolmodelle doen, al woon hulle dalk op ander kontinente. Aan die ander kant kan al die tegnologie ons ook blootstel aan kritiek van mense of onsself, en om onsself met ander te vergelyk. Indien ons nie versigtig is nie, kan ons hulpmiddel om ingelig te bly, ook die platform word wat onsekerheid in ons lewens skep.



Dit is baie maklik om onsself te vergelyk. Ons sien ander mense se suksesse en ons word so herinner aan ons eie mislukkings. Ons sien iemand se deurbraak en ongeduld syfer ons hoop binne. Ons kan ook iemand anders se bekwaamheid sien en dadelik bevraagteken of ons het wat nodig is om ons hartsdrome te verwesenlik.



As daar ooit iemand was wat sy eie vermoëns kon bevraagteken het, dan was dit die jong Dawid. Dawid was 'n tiener, die jongste van sy broers, 'n skaapwagter wat ballades geskryf en in die veld gesing het. Hy het beslis nie die curriculum vitae van 'n held gehad nie. Toe hy sy broers op die oorlogsveld gaan besoek en die uitdagende Goliat se uitsprake oor die volk van God sien, het hy besluit om teen die reus te veg.



Saul het sy wapenrusting en wapens vir Dawid aangebied, maar dit was vir hom te groot. Dawid het dit vriendelik geweier. In plaas daarvan het hy besluit om die wapens te gebruik waaraan hy gewoond was — sy eie slingervel en klippies. Hy het dit in die veld gebruik om die leeu en die beer te verslaan terwyl hy sy pa se skape opgepas het. Dawid het geglo dat God hom uniek gemaak en voorberei het vir die taak wat voorlê, en dat hy dus nie iemand anders se wapenrusting hoef te dra nie.



Gewaagde geloof maak jou vry om die mens te wees wat God jou geroep het om te wees, nie 'n nabootsing van iemand anders nie. Jy hoef nie tyd te mors om soos iemand anders te lyk of om iemand anders se styl te hê, of om jou gawes te gebruik om iemand anders se plan na te boots nie. Jy is oorspronklik, vreesloos en wonderbaarlik gemaak. Waag dus om uit te staan, enig in jou soort te wees. Glo dat God jou spesifiek gemaak het en prys God vir die gawes, karaktereienskappe, ervarings en nuanses wat jou maak wie JY is!


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Daring Faith

Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy ...

More

Ons wil graag vir Nicole Reyes bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nicolereyes.life

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid