Leesplan inligting

Gewaagde GeloofVoorbeeld

Daring Faith

DAG 5 VAN 7

Gewaagde Geloof: Jael se Vindingrykheid


Laat ons eerlik wees — soms kan die lewe 'n bietjie doodgewoon voel. Ons mag droom van avonture en ver plekke, maar die meeste van ons word elke oggend met die gelui van 'n alarm wakker, en as jy soos ek is, 'n paar rondtes met die dut-knoppie. Ons woon in dieselfde woonbuurt, neem dieselfde roete werk toe of skool toe, doen dieselfde opdragte en betaal dieselfde rekeninge. Te midde van ons daaglikse lewe kan ons te maklik vergeet om die buitengewone in die gewone raak te sien.



Jael in Rigters 4, sou hiervan kon vertel. Haar lewe was baie doodgewoon. Sy het in 'n tent in die woestyn gewoon. Sy was vervreem van alles wat opwindend was tot eendag wat iets uitsonderlik gebeur het. Die vyand van God se volk, die skrikwekkende gevegsgeneraal, Sisera, het haar tent binnegekom. Sy het hom verwelkom. Uitgeput na 'n geveg het hy aan die slaap geraak en sy het vinnig rondgekyk, maar sy het geen wapens gehad nie. Sy het geen gevegsopleiding gehad nie. Al wat sy geweet het, is dat 'n vyand in haar tent was en sy moes iets doen.



Sy het dus 'n plan beraam. Gou het sy 'n tentpen en hamer opgetel, oënskynlik doodgewone items in haar doodgewone lewe. Dit het egter baie vinnig wapens geword wat Sisera en sy tirannie tot 'n einde gebring het.



Jael het gewaagde geloof gehad wat haar moedig en vindingryk gemaak het. Partykeer is dit wat geloof is. Dit is om te gebruik wat jy het.



God spesialiseer om die doodgewone te gebruik om die buitengewone te laat gebeur. Trouens, God sien wat jy nou het en dis al die bestanddele vir 'n wonderwerk. Indien jy nie versigtig is nie, kan jy baie maklik verblind word en nie die buitengewone geleenthede sien wat jy het om jou geloof te beoefen nie.



Pas op om nie die krag van wat jy kan doen met wat jy het te onderskat en die krag van wat jy nie het nie, te oorskat. In plaas daarvan, dink wat kan gebeur as jy ophou om bekommerd te wees oor wat jy nie het nie, en begin om te gebruik wat jy het!



Vra jouself af — Watter vermoë, hulpbronne, tyd en energie, ervarings, verhoudinge en verantwoordelikhede het ek? Hoe kan ek hulle gebruik om God te verheerlik?



Indien jy die gewaagde geloof het om te gebruik wat jy het, net soos Jael, sal jou vindingrykheid ook buitengewone resultate oplewer!


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Daring Faith

Moenie toelaat dat vrees jou verhoed om die uitbundige lewe te lei wat vir jou bestem is nie! In plaas daarvan verken Nicole Reye se leesplan Bybelse verhale van dié wat dit gewaag het om vreesloos op God te vertrou. Jy ...

More

Ons wil graag vir Nicole Reyes bedank wat hierdie leesplan verskaf het. Vir meer inligting, besoek asseblief: http://www.nicolereyes.life

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid