Vra, Dink, Verbeel JouVoorbeeld

As Die Here Hierdie Mense Kan Gebruik …
Eksodus 35:35a beskryf twee onwaarskynlike helde, Besaleël en Oholiab. "Die Here het aan hulle die vaardigheid gegee om al die werk van 'n vakman te verrig: om te ontwerp, om blou, pers en bloedrooi wolstof en linne te borduur, en om te weef ..." Vir 'n paar maande, het meer as 'n miljoen Israeliete as swerwers gevlug van 'n baie sterk weermag en het geskarrel om genoeg kos en water vir oorlewing te kry. Ek twyfel of Moses en Aäron op daardie stadium gedink het: "Dinge is moeilik. As ons maar net mense gehad het om fyn pers linne te borduur!"
Op die oppervlak het hierdie twee vakmanne nie juis uitgestaan as vreeslik waardevol of toepaslik in terme van hulle volk se dilemma nie. As ek 'n stamleier was sou ek gedink het: "Gee my krygers en bekwame jagters, nie klipmesselaar nie!" Dit was egter God se plan om die mense te seën met sy teenwoordigheid en het Hy hulle 'n manier gebied om verlossing te soek. Hy het beplan om dit te doen deur 'n tabernakel van materiaal en bykomstighede met spesifiek versierde ontwerpe. Onmiddellik het Besaleël en Oholiab twee van die belangrikste mense in die kamp geword. Hulle jare se opleiding en harde werk was presies wat nodig was. Gou het hulle baie werkers gelei en het 'n oorvloed hulpmiddels bestuur wat aan hulle geskenk is.
Het jy al ooit gewonder hoe jou ervarings of talente gebruik kan word om God te verheerlik? Wees vandag dankbaar hoe Hy jou gevorm het en wees oop vir maniere hoe Hy jou kan gebruik.
Brian Russell
YouVersion Span
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan is 'n viering van ons 25ste verjaardag in samewerking met die Life.Church personeel wat strek van pastore tot tegnici. Ons sien uit na nog baie jare saam deur God se voorsiening wat meer is as wat ons in ons alledaagse lewe kan vra of dink. Die leesplan is vir almal wat aan God se getrouheid, krag en goedheid herinner wil word.
More