Leesplan inligting

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 JohannesVoorbeeld

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

DAG 21 VAN 29

Lees: 2 Johannes 1:1-4  

SOAP - 2 Johannes 1:4

Ek was baie bly toe ek van jou kinders teëgekom het wat in ooreenstemming met die waarheid lewe, volgens die gebod wat ons van die Vader ontvang het. 

Oordenking

2 Johannes word geskryf aan ''n uitverkore vrou en haar kinders' (v. 1). Baie geleerdes glo dat hierdie uitverkore vrou die kerk en sy lidmate verteenwoordig. Dit het aan Johannes groot vreugde verskaf om te hoor dat die lidmate van hierdie kerk in die waarheid gewandel het. 

Ons lewe in Christus is meer as wat ons glo oor Hom; dit is hoe ons leef. Geloof en werke gaan hand aan hand (Jak. 2:14-26). Sonder werke is ons geloof net praatjies. Jakobus praat ook hieroor in sy boek, as hy sy lesers vermaan om doeners van die Woord te wees en nie het hoorders nie.

Ons lewens is 'n getuienis na buite van wat in ons harte aangaan. As God ons harte verander het, dan moet dit blyk uit die manier waarop ons lewe. Ons sê dat God goed is. Hoe beïnvloed dit ons moeilike dae? Ons sê ons is dankbaar en met ontsag vervul oor die feit dat God al ons sondes vergewe het. Hoe vergewe ons ander? 

Gebed

Here, die verlossing wat U ons gee, vergewe ons nie net van al ons sondes nie, maar stel ons ​​in staat om regverdig te lewe. Help my om te onthou hoe goed U vir my was, sodat ek goed kan wees aan ander. Help my om die geloof wat ek sê ek het, uit te leef. Amen.

Dag 20Dag 22

Aangaande hierdie leesplan

Ken die Liefde - 'n Studie van 1, 2 en 3 Johannes

In hierdie briewe het Johannes die diepe verband tussen liefde en gehoorsaamheid verduidelik. Johannes se aanmoediging vir alle gelowiges om mekaar lief te hê is vandag net so toepaslik as wat dit in die eerste eeu was. ...

More

Ons bedank Love God Greatly Afrikaans vir die verskaffing van hierdie plan: http://lovegodgreatly.com/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid