Leesplan inligting

Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld

New Day, New You

DAG 14 VAN 14

Gaan eers Troon toe, dan Foon toe!



Moenie rondhardloop en berading soek by enigiemand nie. Bid eers en vra die Here of dit Sy wil is dat jy na 'n ander mens toe gaan vir raad en of Hy begeer om jou self raad te gee. In my eie lewe het ek baie, baie probleme gehad, maar ek is nooit na iemand anders toe vir berading nie, behalwe een keer. By daardie geleentheid het ek 'n dame in die bediening besoek wat self mishandel was. Ek wil haar nie minag nie, maar sy was werklik nie in staat om my te help nie. Dit was nie haar skuld nie, sy was eenvoudig net nie deur die Here gesalf om dit te doen nie.



God is nie verplig om te salf wat Hy nie begin het nie. Mense hardloop so dikwels na ander toe sonder om die leiding en rigtingwysing van die Heilige Gees te volg en dit dra nooit goeie, standhoudende vrug nie. Wanneer jy probleme het, gaan na die troon toe voor jy na die foon toe gaan. Ek bedoel nie om voor te gee dat dit verkeerd is om raad te vra nie. Ek sê net 'n mens bid en laat die Here toe om jou te lei en te rig deur die Heilige Gees. Laat Hy die regte berader vir jou kies. Net omdat 'n mens deurgemaak het wat jy het, of 'n intieme persoonlike vriendin is, beteken nie dat die individu die regte berader vir jou is nie. Dus, ek herhaal, bid!



Uit die boek "New Day, New You" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

New Day, New You

Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid