Leesplan inligting

Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld

New Day, New You

DAG 12 VAN 14

Kla en Bly, Loof en Word Verhef



Kla is 'n sonde! Dis 'n korrupte vorm van gesprekvoering wat vir baie mense baie probleme in hul lewes veroorsaak. Dit maak ook baie deure oop vir die vyand. Woorde is die houers van krag. Klaende, brommende woorde dra vernietigende krag. Hulle vernietig die vreugde van die een wat die klawerk doen en kan ook ander mense wat na hulle moet luister, affekteer.



In Ef.4:29 leer die apostel Paulus ons om nie vuil of besoedelende taal te gebruik nie. Daar was 'n tyd wat ek nie sou geweet het dat dit kla insluit nie, maar nou het ek geleer dat dit wel doen. Murmurering en kla besoedel ons lewes en klink besmoontlik na vuil taal vir die Here. Vir Hom is dit verbale besoedeling. Om te besoedel is om te vergiftig. Het jy ooit gaan stilstaan en dink dat jy en ek ons toekoms kan vergiftig deur te kla oor wat nou aan die gang is?



Wanneer ons kla oor ons huidige omstandighede, bly ons daarin; wanneer ons God loof te midde van probleme, verhef Hy ons daaruit. Die beste manier om elke dag te begin is met dankbaarheid en danksegging. Kry 'n voorsprong op die duiwel. As jy nie jou gedagtes en gesprekke met goeie goed vul nie, sal hy dit beslis met bose dinge vul. Opreg dankbare mense kla nie. Hulle is so besig om dankbaar te wees oor die goeie dinge wat hulle het, dat hulle geen tyd het om die dinge waaroor hulle kan kla, raak te sien nie. Lof en dankbaarheid is goed; kla en brom is boos.



Uit die boek Nuwe Dag, Nuwe Jy deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords . Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

New Day, New You

Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid