Leesplan inligting

Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld

New Day, New You

DAG 10 VAN 14

Ag, Nou Ja



Wanneer ek myself in 'n situasie bevind waaraan ek niks kan doen nie, het ek gevind 'n goeie manier om my sorge op die Here te werp, is eenvoudig om te sê, "Ag, nou ja."



Neem byvoorbeeld die oggend toe Dave sy lemoensap in die motor uitgegooi en ek 'n bietjie daarvan op my trui gekry het. Hy het dadelik gesê, "Duiwel, ek is nie beïndruk nie." En ek het gesê, "Ag, nou ja." So daardie probleem was opgelos en ons het voortgegaan met die res van ons dag.



Sommige dinge is net nie die moeite werd om oor ontsteld te raak nie; tog doen baie mense dit. Ongelukkig is 'n groot meerderheid Christene meeste van die tyd ontsteld, knorrig en vol angs. Dis nie die groot dinge wat hulle onderkry nie; dis die klein dingetjies wat nie by hulle planne inpas nie. In plaas daarvan om hul sorge te werp en net te sê, "Ag, nou ja," probeer hulle altyd iets doen aan iets waaraan hulle niks kan doen nie. By meer as een geleentheid het die eenvoudige frase "Ag, nou ja" my regtig gehelp om dit te maak.



Uit die boek "New Day, New You" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

New Day, New You

Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid