Leesplan inligting

Nuwe Dag, Nuwe JyVoorbeeld

New Day, New You

DAG 1 VAN 14

Wilskrag: Die Mooiweersvriend



Wilskrag klink verseker soos 'n goeie ding. Ons word geleer om te glo dat ons genoeg daarvan het om elke versoeking wat ons pad langs kom, af te weer. En soms werk dit. Maar laat ek jou 'n klein geheimpie vertel van wilskrag. Wilskrag is jou beste vriend as dinge goed gaan, maar dis die eerste vriend om pad te gee as jy moeg word. Ek het gevind dat, as ek iets regtig nie wil doen nie, my denke my baie redes gee waarom ek nie moet nie. Selfs my emosies sluit aan en sê, "Ek stem saam, want ek is in elk geval nie lus om dit te doen nie."



Ons siel (verstand, wil, emosies) wil graag ons lewens beheer, maar die Bybel se ons moet deur God se Gees gelei word. Ons word nooit opdrag gegee om ons wilskrag te gebruik nie, ons word aangesê om deur die Heilige Gees gelei te word. Wilskrag en dissipline is belangrik en uiters noodsaaklik vir 'n suksesvolle lewe, maar wilskrag alleen sal nie genoeg wees nie. Vasberadenheid kry jou aan die gang en hou jou aan die gang vir 'n rukkie, maar dis nooit genoeg om jou oor die wenstreep te kry nie. Sagaria 4:6 sê: "Nie deur krag of geweld nie, maar deur My Gees, sê die Here van die leërskare."



Wat sal gebeur as jy, in plaas daarvan om eers op wilskrag staat te maak in jou tyd van nood, jy eerste na God toe draai? God stel Sy krag vry in jou wilskrag en bekragtig dit om jou oor die wenstreep te bring. Wilskrag kry nie die krediet vir ons sukses nie, God kry dit. Jesus sê in Joh.15:5 (Uitgebreide NT), "Sonder My [afgesny van noodsaaklike eenheid met My] kan julle niks doen nie." Dit is een van die belangrikste en moeilikste lesse wat ons moet leer as ons die lewe wil geniet, wat Jesus gesterf het om vir ons te gee.



Uit die boek "New Day, New You" deur Joyce Meyer. Kopiereg 2007 deur Joyce Meyer. Gepubliseer deur FaithWords. Alle regte voorbehou.

Aangaande hierdie leesplan

New Day, New You

Dit is so belangrik hoe jy daardie eerste gedagtes van jou dag spandeer - selfs net 'n paar minute elke oggend met God is jou geleentheid om op die regte voet te begin en 'n positiewe toon daar te stel. Nuwe Dag, Nuwe Jy...

More

We would like to thank Joyce Meyer Ministries for providing this plan. For more information, please visit: www.joycemeyer.org

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid