Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 3 VAN 30

Eenheid in Verskeidenheid 

As Kenia 'n collage was, wat stukkies bevat van al die verskillende stamme, kulture en tradisies wat binne die landsgrense bestaan, sou dit ongetwyfeld die mooiste kunswerk wees wat ooit gemaak is. 'n Oorsigtelike studie van die 42 stamme wat in Kenia woon, sal 'n gevoel van trots, liefde en gemeenskap openbaar. Sonder twyfel bring dit eer aan God.


Die verskeidenheid het dalk nie met tye in die verlede tot hul voordeel gestrek nie, maar dit is egter nie buite God se vermoë om hul gebrokenheid tot sy eer te gebruik nie. Ek wil graag 'n paar dinge uitlig om Kenia se prag te vier, wat ook in die Bybel as eenheid uitgebeeld word.


God verwag dat ons verenig sal wees. Lees Efesiërs 4:11-13.


Elke Christen is deel van die liggaam van Christus en is geroep om nie-gelowiges in daardie liggaam in te bring. Die eenheid wat in Efesiërs genoem word, sal aanhou groei tot aan die einde van alle tye. Ons behoort nooit verdeeld te wees nie. God se verwagting van ons is samesyn tot by die eindtyd.


Vergifnis en liefde is sleutelbestanddele om eenheid te bewerkstellig. Lees Kolossense 3:13–14.


Om in eenheid te kan leef moet ons mekaar vergewe en deur Christus se oë na mekaar kyk. Die vroeë kerk (Handelinge 2:45–46) het dit goed gedemonstreer toe hulle saam gewoon en geleef het. Hulle het vir mekaar gesorg; omgesien na die armes, weduwees en weeskinders; het gemeenskaplike maaltye gehou en hulle kos met "blydskap" en in alle eenvoud geëet. Wat behels dit om mekaar lief te hê?


· Vergifnis: Die suiwer aard van liefde laat ons nie toe om wrokke te dra nie. Ons kan dit slegs regkry deur die krag van die Heilige Gees.

· Absolute vrygewigheid: Dit vereis dat ons meer gee as waarmee ons gemaklik voel en uitreik om mense in nood te bemoedig, al is dit buite ons gemaksones.

· Opregtheid: Wanneer ons opreg liefhet, sal ons nie bybedoelings hê nie. Ons sal gewillig wees om teregwysing te ontvang. 

Eenheid en vrede gaan saam.


Daar kan nie eenheid wees waar daar onenigheid tussen mense is nie. Die Bybel praat van “vrede wat alle verstand te bowe gaan" (Filippense 4:7). Dit klink dalk onmoontlik, maar dis tot ons beskikking deur die krag van die Heilige Gees. Dis hierdie soort vrede wat eenheid sal bring.


Jesus moet die middelpunt van alles wees.


Ons kan nie oor vrede, leierskap en goeie bestuur praat as ons nie van Christus melding maak nie. Hy is die hoof van sy liggaam; die kerk. Hy het voor alles bestaan en hou die skepping in sy hand. Met hierdie beeld van Christus in gedagte, behoort ons in gebed na Hom toe te gaan en sy wysheid en leiding te soek, want Hy sien verder as ons begrip en weet meer as wat ons weet. 


Eenheid — of dit in die kerk, die regering, 'n land of 'n gesin is — kan slegs opreg wees as dit van God afkomstig is. Sy begeerte is dat ons as een liggaam saamwerk en aanhou om ander te lei om deel van hierdie liggaam te wees. Hy het almal van ons verskillende gawes gegee en verwag dat ons daardie gawes tot sy eer sal gebruik, deur ander op te beur, hoop te bring, genesing en herstel te bring en om eenheid te bevorder.


Gebedsversoeke


· Bid vir eenheid in die liggaam van Christus, veral tussen kerkleiers.
· Bid dat die jonger geslag Goddelike leierskap sal aanhang en aan die voorpunt sal wees om vir hulle leiers te bid.

   


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid