Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 5 VAN 30

Peru — Die bakermat van die Inkas


Peru is beroemd vir sy ongelooflike geskiedenis en indrukwekkende landskappe. Dit was die bakermat van die Inkaryk, 'n beskawing wat baie kulturele monumente, groot paleise en tempels, uitstekende paaie en gesofistikeerde waterkanale nagelaat het. 


Vanaf 1532 is Peru deur die Spanjaarde oorheers en hulle het die meeste van die rykdom van die Inkaryk gevat. In 1821 het Peru onafhanklikheid verkry.


Die hoof aanloklikheid en trots van die Peruane, is die legendariese stad van Machu Picchu. Dis 'n plek met Inka ruïnes wat 2 450 meter bo seëspieël in die Andesgebergtes geleë is. Die naam beteken "ou bergpiek".
In 2007 is Machu Picchu as een van die nuwe sewe wonders van die wêreld verklaar.


Peru het ongeveer twee en dertig miljoen inwoners. Dit word in drie streke verdeel: die droë kusgebied, die gebergtes en die oerwoud. Ses en sewentig persent van die bevolking skaar hulle by die Katolieke godsdiens, veertien persent is evangelies, vyf persent is ateïste en amper nog vyf persent is agnosties.


Net soos Peru vir baie jare onderdruk is, kan ons 'n soortgelyke situasie in ons persoonlike lewens ondervind. In Christus kan ons egter vryheid bekom. Ons is dalk slawe van sekere sondes, ons voel oorweldig of buite beheer as gevolg van ons omstandighede. God is daar om ons te ontmoet en te red. Al wat ons moet doen is om Hom te glo. Dis hoekom dit belangrik is om Jesus te ken. Wanneer jy Jesus ken, ken jy die waarheid. En wanneer jy die waarheid ken, sal die waarheid jou vrymaak (Johannes 8:32). Wanneer jy hierdie vryheid bekom, kan jy ander help om ook hierdie vryheid in Christus te vind. 


Ek moedig jou aan om voort te gaan om die evangelie te verkondig waar jy is. Kom ons verkondig wat Jesus in Lukas 4:18 verkondig het!


Gebedsversoeke


· Bid dat selfs nog meer kinders en gesinne met die Woord van God bereik word.

· Bid vir die immigrant-gesinne wat Peru toe gekom het op soek na beter geleenthede.
Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid