Leesplan inligting

Oordenking: Bid vir lande regoor die wêreldVoorbeeld

Around the World Prayer Devotional

DAG 2 VAN 30

Kirgisië: 'n Land van berge, okkerneute en syroetes


Kirgisië word dikwels die "Switserland van Sentraal-Asië" genoem, omdat dit eerstens 'n land met berge is. Die land is deel van die Tian Shan-bergreeks, wat 80 persent van die land uitmaak. Die hoogste piek is Jengish Chokusu (“Victory Peak”), een van twee bergpieke wat meer as sewe duisend meter hoog is. Meer as veertig pieke is hoër as ses duisend meter, dus is hierdie gebied 'n aantrekkingskrag vir toeriste, veral bergklimmers. 


Daarbenewens is Kirgisië ook ryk aan seldsame aardmetale. 'n Mens kan selfs sê dat die mense van Kirgisië "op geld loop". Dit bly egter een van die armste lande in die voormalige Sowjetrepubliek en Europa, gevolg deur Tadjikistan.


In teenstelling met die Kirgisiese berge, versinnebeeld die suidelike gebied van die land amper 'n feetjieagtige woud. Kirgisië het die grootste versameling okkerneutbome in die wêreld en die prag van die woud en vars lug, lok baie toeriste. Dit is 'n plek wat mense iets spesiaals in hulle hart laat voel terwyl hulle die pragtige natuur geniet. 


Selfs Bybelse figure het vredevolle, natuurlike plekke besoek, soos van melding gemaak word in Hooglied 6:11. In 'n vredevolle plek soos die Kirgisiese berge, kan ons saam met God stap en 'n blik kry van hoe die Tuin van Eden mag gelyk het. 


Die meeste mense wat iets van Kirgisië en die Sowjetrepubliek weet assosieer hulle met die syroetes. Dit is waar dat in hierdie gebiede baie deurpaaie van Europa tot Sjina was. Die paaie het deur plaaslike nedersettings gegaan, waarvan baie nomadiese kampe was. Vir 'n handelaar of 'n pelgrim was dit 'n tydelike verblyfplek, maar vir die inwoners was dit 'n tuiste. 


Dit kan ook vir ons as 'n herinnering dien dat waar ons ook al is, ons maar net by 'n tydelike nedersetting is. As burgers van die hemel, is ons bestem vir die ewige stad.


Gebedsversoek 

· Prys die Here dat Krigisië, Christus in die vorige drie dekades aangeneem het. Baie mense het egter nog nie 'n stewige fondament in hulle geloof ontwikkel nie. Bid asseblief dat hulle in hul verhouding met Christus sal groei.

    


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Around the World Prayer Devotional

Welkom by jou groot avontuur! Deur middel van hierdie oordenkings gaan ons deur die wêreld reis en waarhede in die Woord van God ontgin. Ons toergidse is vriende van die uiteenlopende netwerk van "OneHope" se wêreldwye v...

More

Ons wil graag vir OneHope bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://onehope.net/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid