Leesplan inligting

Om met Hoop te Rou Voorbeeld

Grieving With Hope

DAG 5 VAN 5

God Met Ons 



Ons verstaan nie altyd die wil van God nie. Sy planne en gedagtes oortref ons s'n elke keer. Daarom hou ons ook nie altyd daarvan hoe God se wil realiseer nie. Wanneer ons begeertes onvervuld bly en wanneer hartseer oor ons drumpel kom, dan hou ons beslis nie daarvan nie. 



In ons hartseer is ons teleurstelling nog groter. Ons is teleurgesteld in mense, omstandighede en ja, ook in God. Ons sal dit nie altyd hardop sê nie, maar dit wel voel. Ons het 'n sekere verwagting gehad en omdat Hy God is, geweet Hy kan dit laat gebeur, maar Hy het nie. Ons is dan teleurgesteld en wonder of Hy omgee. 



Ons moet onthou dat, wanneer hartseer ons verlam en ons alleen voel, God nie baie ver van ons af is nie. Sommige mag dink dat God gedurende hierdie tyd afwesig is. Hy is nie en sal ook nooit wees nie.  Hy is alomteenwoordig, nader as ons asem en die Heilige Gees is ons voltydse metgesel. Hy het ons nie alleen gelaat om deur hierdie verskriklike pyn te gaan nie. Hy is Emmanuel, God met ons. 




  • Hy verwag nie van ons om op ons eie deur hierdie “donker dieptes te gaan” nie (Psalm 23:4) — Hy dra ons daardeur. 

  • Hy verwag nie dat ons op ons eie krag moet staatmaak nie, maar te weet “die Here my God gee vir my krag” (Habakuk 3:19) — Hy voorsien ons daarmee. 

  • Hy vereis nie dat ons ons eie planne moet beraam nie, maar “vertrou volkome op die Here” (Spreuke 3:5) — Hy lei ons terwyl ons stap.


Selfs wanneer dit voorkom of ons pyn ons harte in 'n doodsgreep het, kan ons nog steeds met hoop ons hartseer oorwin. Ons hoop in die wete dat die aarde nie ons woonplek is nie. Eendag sal ons nie meer emosionele, fisieke en geestelike donkerte beleef nie. Ons sal by Jesus wees.  


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope

Rou is 'n menslike ervaring en niemand is daarteen immuun nie. Ons rou wanneer iemand sterf of 'n droom verpletter word. Dit kan ons enige tyd tref en gebeur ook dikwels wanneer ons dit glad nie verwag nie. Ons gaan prob...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid