Leesplan inligting

Om met Hoop te Rou Voorbeeld

Grieving With Hope

DAG 3 VAN 5

Verskillende Soorte Verliese 



Wanneer ons die woord rou hoor, dink ons dikwels aan die verlies van mense. Alhoewel dit 'n groot gedeelte van verlies is, is dit nie die enigste soort nie. Daar is verskillende soorte verliese wat 'n verskeidenheid van gevoelens meebring. Sommige is skielik en onverwags, terwyl ons ander sien kom. Ons verloor daagliks dinge en rou oor daardie verliese, ongeag hoe groot of klein hulle is. Die vernietiging van 'n verwagting, droom, tydperk, idee of vriendskap kan groot hartseer veroorsaak. Kom ons oorweeg 'n paar soorte verliese wat ons op aarde sal ervaar. 



Verlies van 'n Persoon

Verhoudings is kosbare geskenke van God. Hy wil hê dat ons mense sal liefhê en geniet. Die verlies van lewe is die moeilikste omdat dit finaal is en nie ongedaan gemaak kan word nie. In 1 Tessalonisense 4:13 lees ons dat ons "nie sal treur nie, soos die mense wat geen hoop het nie". Die vers sê nie dat ons sterk moet wees en nie moet rou nie. Die apostel Paulus sê vir ons om te rou, maar om te rou met hoop in gedagte. Ons kan diep rou en tegelykertyd die vreugde van Christus ten volle ervaar, wetende dat ons eendag met ons mede-gelowiges in Christus herenig sal word.



Verlies van 'n Droom

Wanneer ons drome, planne en verwagtinge nie realiseer op die manier wat ons wou hê of selfs glad nie, oorval 'n hartseer ons. Ons twyfel en wonder of enigiets goed in die toekoms na ons toe sal kom. Dis reg om teleurgesteld te wees dat ons nie gekry het wat ons wou hê nie. In hierdie tye kan ons ons blik verander en opkyk na Jesus terwyl Hy ons geloof vervolmaak. Ons drome lyk dalk groots vir ons, maar God se drome oor hoe Hy ons op hierdie aarde wil gebruik, sal ons beperkte uitsig ver oortref. 



Verlies van 'n Tydperk

Om terug te kyk na ons lewe, is algemeen. Of ons nou 'n tydperk betreur waar ons die ster van 'n sportspan was of ons wens dat ons kinders nog klein was, kan pynlik wees. Die lewe — is altyd besig om vorentoe te beweeg, al wil ons soms nie. Wanneer ons vergange tydperke onthou, kan ons God daarvoor dank en ons dan verheug in die toekoms wat God ons gegee het. Met nuwe tydperke kom nuwe vreugdes.



Ons kan die hoogste hoogstes ervaar, maar ons kan ook deur die donkerste valleie loop. Hoe liewer of nodiger ons iemand het, hoe meer ons op die persoon hoop en steun, hoe groter is die verlies. Die intensiteit van ons rou sal afhang van hoeveel hoop ons in die verlies geplaas het. Terwyl ons in ons rouproses geduldig is, kom ons vertrou ook dat God dinge laat uitwerk tot sy heerlikheid en ten goede vir ons.


Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope

Rou is 'n menslike ervaring en niemand is daarteen immuun nie. Ons rou wanneer iemand sterf of 'n droom verpletter word. Dit kan ons enige tyd tref en gebeur ook dikwels wanneer ons dit glad nie verwag nie. Ons gaan prob...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid