Leesplan inligting

Om met Hoop te Rou Voorbeeld

Grieving With Hope

DAG 2 VAN 5

Verwerk Kom Voor Vordering 



Rou bring 'n aanvanklike steek van pyn wanneer ons besef wat ons verloor het. Dit verskyn ook wanneer ons deur die dag aan ons verlies herinner word. Dit kan skielik kom en voor ons dit weet, is ons in trane, vol van woede en voel ons absoluut hopeloos. Ons hou nie van seerkry nie, maar as ons enige vordering in ons rouproses wil maak, moet ons deur ons pyn werkverwerk kom voor vordering. 



Moet Dit Nie Ignoreer Nie

Die enigste manier om oor rou te kom, is om daardeur te kom. Om rou letterlik vierkantig in die oë te kyk en deur te druk, is vreeslik moeilik. Ons kan nie ons rougevoelens onderdruk of dit toelaat om ons flou te wurg nie. Om rou te hanteer, beteken dat ons rou wanneer ons die behoefte het. Ons ignoreer dit nie, maar los alles waarmee ons besig is — en rou. Dit kan deur trane of kerm wees. Wat ook al ons voorkeur is, is hoe ons ons pyn verwerk. 



Moet Dit Nie Vergelyk Nie

Daar is verskillende soorte rou en volgens die meeste kenners kom rou in fases. Ons mag dalk nie elke fase ervaar nie of in dieselfde volgorde of tydsduur nie. Ons mag dalk deur een fase gaan, na die volgende fase beweeg en dan later weer na die vorige een terugkeer. Die punt is dat ons nie fases deurgaan volgens een of ander plan nie, maar dat ons verstaan daar is nie 'n “vasgestelde plan vir almal" se rouproses nie. Jou pyn en ervarings is jóúne. 



Dit is miskien nie ons eie hartseer wat ons verwerk nie, maar miskien sien ons iemand anders in hulle rou. Ons hou nie daarvan nie. Ons sê of doen dinge om hulle gedagtes van hulle verlies af te lei. Alhoewel daar 'n tyd is om ander te help sodat hulle nie heeltyd in hulle hartseer leef nie, kan ons nie mense deur hulle rou aanjaag omdat ons ongemaklik voel om dit te aanskou nie. Kom ons dink aan hulle behoeftes en nie oor hoe ongemaklik die situasie vir ons is nie. Miskien sit jy net by iemand wat huil of voorsien in 'n behoefte wat die persoon net nie self kan doen nie. Wat dit ook al is, kom ons hou húlle in gedagte en probeer ons beste om meestal stil te bly.



Dit is moeilik om vordering in die rouproses te sien. In die vroeë dae van rou voel dit asof ons verdrink en dat ons geen vordering maak nie, maar dit gebeur tog. Om ons verlies te verwerk, verg moeite van ons kant om by die einde van die pad van rou uit te kom. Moenie moed verloor nie. 


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Grieving With Hope

Rou is 'n menslike ervaring en niemand is daarteen immuun nie. Ons rou wanneer iemand sterf of 'n droom verpletter word. Dit kan ons enige tyd tref en gebeur ook dikwels wanneer ons dit glad nie verwag nie. Ons gaan prob...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid