Leesplan inligting

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in KrisisVoorbeeld

Good News: Encouragement for a World in Crisis

DAG 6 VAN 7


God Voorsien



Een van die grootste bekommernisse wat talle mense in gemeen het, is die bekommernis oor finansies. Of ons te veel spandeer of nie genoeg verdien nie, op 'n sekere stadium in ons lewens gaan meeste van ons onsself daaroor verknies. Ons mag dalk bekommerd wees oor klere, kos, 'n huis of oor al hierdie dinge tesame. Met geld kan ons al hierdie behoeftes bevredig en wanneer ons nie genoeg geld het nie, wonder ons of God gaan voorsien. 


Sal dit nie ongelooflik wees as ons op 'n plek in ons lewens kan kom waar ons werklik op God kan vertrou om ons Voorsiener te wees en nie bekommerd te wees oor geld nie? Is dit moontlik? Kom ons kyk wat sê Jesus hieroor.


"Kyk na die wilde voëls: hulle saai nie en hulle oes nie en hulle maak nie in skure bymekaar nie; julle hemelse Vader sorg vir hulle. Is julle nie baie meer werd as hulle nie?" Matteus 6:26 


Een manier om God werklik as ons Voorsiener te vertrou, is om onsself te herinner hoeveel Hy omgee oor die voëls en die blomme. Dis eenvoudig, reg? God voorsien aan hulle en tog het ons soveel meer waarde as voëls en blomme. Hy het nie vir Jesus gestuur om aan die kruis te sterf vir die blomme en die voëls nie — Hy het dit vir ons gedoen! Hoekom sal Hy dan nie vir ons gee wat ons nodig het nie? Dit kan baie moeilik wees om dit te onthou te midde van al ons bekommernisse, maar laat toe dat elke voëltjie in die lug of blom wat jy sien, jou herinner dat God ons Voorsiener is!


Nog 'n manier om God te vertrou as ons Voorsiener, is om te kies om eers die koninkryk van God en sy geregtigheid te soek. Wanneer ons Hom eerste soek "dan sal Hy julle ook al hierdie dinge gee" (Matteus 6:33). Die Griekse woord vir "soek" in Matteus 6:33 is zētēo wat beteken om te "soek na, soek vir, mik, streef daarna". Wanneer ons eerste na God soek, mik en streef, sal al "die ander dinge" soos kos, klere en ander basiese behoeftes aan ons voorsien word. Om God eerste te soek maak ons vry van al die bekommernisse en druk van die wêreld, want ons oë is op Hom gevestig, eerder as op die tydelike dinge wat ons mismoedig maak. 


Dink so daaroor: wanneer ons bekommerd is, is ons geneig om daar vas te haak. Ons kan selfs sê dat ons verlam voel as gevolg daarvan. Moet dus nie bekommerd wees nie, maar doen eerder iets daaraan. Daardie "iets" is om God te soek. Lees die Bybel. Skryf jou gebede neer. Aanbid God deur musiek. Oefen om God te soek, nie omdat jy probeer om sy liefde te verdien nie, maar omdat jy dit alreeds het. Soek Hom, want wanneer jy Hom soek, sal jy nie bekommerd wees oor sy voorsiening oor jou lewe nie. 


God is in staat om in ons basiese behoeftes te voorsien. Hy het in ons grootste behoefte voorsien, deur vir Jesus te stuur om ons te red. Hoekom sal ons dink dat Hy nie sal voorsien in ons kleiner behoeftes nie?


Wil jy vandag se beeld deel? Druk hier om dit af te laai.


Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

Good News: Encouragement for a World in Crisis

Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag lee...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid