Leesplan inligting

Goeie Nuus: Bemoediging vir 'n Wêreld in KrisisVoorbeeld

Good News: Encouragement for a World in Crisis

DAG 4 VAN 7


God Vergewe Ons



Voel jy ooit gefrustreerd met jouself omdat jy iets gesê of gedoen het wat jy weet jy nie moes nie? Wat van die gedagtes oor ander mense waaraan jy dink? Elke liewe dag, somtyds meer as een keer, weet ons dat ons optrede nie die eer aan God gee nie. Ons mensdom is net so menslik, is dit nie?


Of ons nou verstaan wat ons doen, of nie, God gee vir ons genade! Sy volmaakte, onverdiende guns bedek 'n klomp van ons sondes en is 24 uur 'n dag, elke dag van elke week, tot ons beskikking. Die Bybel is vol verhale van mense wat die kragtige genade van God in hul lewens verstaan het. Kom ons luister na twee stories:


Saulus/Paulus
Volgens wat hyself gesê het, was Saulus 'n Fariseër der Fariseërs. As iemand die regte résumé gehad het, met talle prestasies, was dit hy. Hy het gestaan vir wat "reg" was en het selfs staan en kyk hoe Christene vermoor word. Hy was vasbeslote om van die Christendom ontslae te raak. Toe ontmoet hy vir Jesus, letterlik, en hy verander radikaal. Saulus, hernoem na Paulus, was die mees invloedryke leier in die vroeë kerk en het dertien van die 27 boeke in die Nuwe Testament geskryf. 


Petrus
Wanneer ons verwys na die twaalf dissipels van Jesus, word Petrus amper altyd eerste genoem. Sy leierskap was duidelik en hy is geken aan sy uitgesprokenheid. Toe Jesus vir die dissipels vertel het dat hulle Hom almal gaan verlaat, was Petrus vasbeslote dat hy dit nooit sou doen nie. Tog, nadat Jesus gearresteer is, is Petrus gekonfronteer en het ontken dat hy weet wie Jesus is. Nie een keer nie, maar drie keer. Toe Jesus uit die dood opgestaan het, het hy vir Petrus vergewe en hom weer in sy bediening hervestig. Petrus het voortgegaan en een van die mees invloedryke leiers in die vroeë kerk geword.


Paulus het nie besef waarmee hy besig was nie, totdat sy oë oopgemaak is. Hy het werklik nie geglo dat Jesus die Messias was nie en gebaseer op sy Joodse geloof, het hy geregverdig gevoel om van die sogenaamde swendelaar ontslae te raak. Petrus, aan die ander kant, was saam met Jesus en baie mense sal sê "hy moes van beter geweet het." Hy het selfs verkondig dat hy nooit vir Jesus sal verlaat nie. Twee baie verskillende tonele wat met dieselfde genade en vergifnis van God bedek is.


Ons almal sondig en doen die ondenkbare, maar God se genade en vergifnis is oorvloedig. Dit maak nie saak hoe ver jy van die pad afgedwaal het, hoe korrup jy al was, of wie jy seergemaak het nie, God se vergifnis is net 'n eenvoudige gebed ver. 


Nog 'n voordeel wat saam met vergifnis kom, is dat God nie ons pyn en ondervindinge gering ag nie! Ons kan sien hoe al die moeilike omstandighede waardeur ons gegaan het, verhale tot die eer van God word. Hy gebruik onwaarskynlike mense om sy draers van hoop op hierdie aarde te wees. Is jy bereid om 'n draer van hoop te wees vir iemand wat Jesus nodig het? 


Wil jy vandag se beeld deel? Druk hier om dit af te laai.


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Good News: Encouragement for a World in Crisis

Ons lewe in 'n ongekende tyd in die huidige COVID-19 pandemie. Waar kry ons hoop en goeie nuus te midde van die voortdurende stroom van slegte nuus? Vir volgelinge van Jesus is daar altyd goeie nuus. In hierdie 7-dag lee...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid