Leesplan inligting

Christus is groter as CoronaVoorbeeld

Christ > Corona

DAG 8 VAN 11

Seëning #7: Leer Ons Om Lief te Wees Vir Kerk


Kan jy jou hierdie inperking voorstel sonder die moderne tegnologiese vooruitgang?


Hierdie week het ek na die lewendige uitsending van ons kerk se aanbiddingsdiens gekyk, opgestel met verskeie kameras, talentvolle musikante en 'n Christus-gebaseerde boodskap. Later het ek 'n lied vanaf my gunsteling Amazon-kanaal (Shane & Shane Hymns Live) gespeel en saam met my vrou en kinders tot Jesus gesing. Dwarsdeur die dag het ek boodskappe vir broers en susters in Christus gestuur en bemoedigings op Facebook en Instagram gedeel.


Ek het 'n vermoede dat Christene wat die swartgriep verduur het nie 'n Netflix-partytjie saam met hulle beste vriende kon geniet nie . . .


Tog . . . is ek nie tevrede nie.


Ek mis dit baie om kerk toe te kan gaan. Om saam met my vrou en dogters te sing deur middel van 'n lewendige uitsending, is goed, maar nie naastenby so wonderlik soos honderde stemme wat in een plek saam sing nie. Om preeknotas te maak terwyl ek op my rusbank sit is nie sleg nie, maar nie beter as om in die kerk te sit nie. 


Ek besef, net soos jy, dat die plaaslike kerk ingewikkeld is. Sommige preke is baie vervelig en kom nie tot die punt nie. Sommige musikante maak 'n groot geraas, nie 'n vrolike een nie. En mense is . . . wel, net mense. 


Nietemin leer die Coronavirus my om my kerk lief te hê. Ek kan nie wag vir die dag wanneer die inperking verby is en ons almal op dieselfde plek bymekaar kan kom nie. Ek vermoed dat die vreugde die tromme sal oorweldig!


Drieduisend jaar gelede was weeklikse aanbiddingsdienste nie die norm nie. Geen wonder dat die psalmdigter van destyds hierdie woorde geskryf het nie: "Ek was bly toe hulle vir my gesê het: “Kom ons gaan na die huis van die Here toe.” (Psalms 122:1) Derduisende mense het na die Here se huis (die tempel) in Jerusalem gestroom om saam te wees. Wat 'n verskil van die daaglikse lewe in 'n klein Galilese dorpie!


Tegnologie is 'n wonderlike ding, ook vir geestelike sake. Daaglikse preek-potgooie en Christen radiostasies bemoedig my van Maandag tot Saterdag. Niks kan egter die fisiese samekoms van God se mense vervang nie.


As hierdie pandemie ons leer om meer as ooit tevore lief te wees vir Sondae, sal dit weereens bewys dat Christus groter as Corona is.


Aangaande hierdie leesplan

Christ > Corona

Die Coronavirus en die onbekende, die onderbrekings, kansellasies en sosiale afsondering is nog lank nie verby nie. Dit beteken dat so baie van die seëninge waarvan ons hou, nog vir maande lank nie beskikbaar gaan wees n...

More

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie Leesplan verskaf. Besoek https://timeofgrace.org/welcome-to-time-of-grace/?togipsrc=youversion&togpreselect=1-2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid