Leesplan inligting

Christus is groter as CoronaVoorbeeld

Christ > Corona

DAG 7 VAN 11

Seëning #6: Leer Ons Van Vrygewigheid


Ek vermoed dat 2020 'n moeiliker jaar gaan wees as wat die kerk in 'n lang tyd gehad het. Ons gebede vir herlewing sal dalk beantwoord word as ons ernstiger bid.


Waarvan praat ek? Geld.


As die huidige ekonomiese omstandighede slegter word, sal dit sleg gaan met mense se finansies. Poste sal verminder. Inkomste sal opdroog. Besighede sal toemaak. Die laaste keer toe ek gekyk het, het die Dow Jones se lyngrafiek gelyk soos 'n klip wat by die Grand Canyon afgegooi is.


Dit kan egter vir ons 'n gulde geleentheid wees. Indien ons ons Voorsiener vertrou, diep in ons sakke grawe en ons begeertes opoffer ten behoewe van mense in nood, sal die kerk se lig helderder skyn as ooit tevore. Die ou stereotipiese kerke, wat net geld gevra het, sal in die niet verdwyn as die kerk geld begin gee vir dié wat dit nodig het. 


Paulus het oor dieselfde boodskap gepreek toe hy die Korintiese Christene aangemoedig het om te gee: "... Hulle sal Hom prys oor julle gehoorsaamheid aan die evangelie van Christus wat julle bely, en oor julle opregte mededeelsaamheid teenoor hulle en teenoor al die ander." (2 Korintiërs 9:13)


Ons bely die evangelie van Jesus Christus, die goeie nuus dat God sy enigste Seun gegee het, dieselfde Seun wat sy lewe vir ons sonde gegee het. Wat as ons geloof in die vrygewige Here gepaardgaan met 'n vrygewige geskenk aan ons gemeenskappe?


Sal mense uiteindelik luister na die evangelie wat gepreek word? Sal hulle lank genoeg ontvanklik wees om te luister? Sal hulle genoodsaak wees om hul verskonings te laat vaar en die kerk nog 'n kans te gee? Sal hulle ons net vra: "Waarom?"


As net een persoon van die kruis hoor, sal dit nie die moeite werd wees nie? Dit sal weereens bewys dat Christus groter as Corona is.


Aangaande hierdie leesplan

Christ > Corona

Die Coronavirus en die onbekende, die onderbrekings, kansellasies en sosiale afsondering is nog lank nie verby nie. Dit beteken dat so baie van die seëninge waarvan ons hou, nog vir maande lank nie beskikbaar gaan wees n...

More

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie Leesplan verskaf. Besoek https://timeofgrace.org/welcome-to-time-of-grace/?togipsrc=youversion&togpreselect=1-2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid