Leesplan inligting

Christus is groter as CoronaVoorbeeld

Christ > Corona

DAG 1 VAN 11

Christus is groter as Corona


Ek verstaan as jy dink dat hierdie Coronavirus 'n vervloeking is. Afhangende van watter hoofopskrifte jy lees, is hierdie onderbrekings, kansellasies en sosiale afsondering nog lank nie verby nie. Dit beteken dat baie van die seëninge waarvan ons hou nog vir maande lank nie beskikbaar gaan wees nie. Selfs na net 'n week van self-kwarantyn, mis ek alreeds my kerk, vriende, familie en normale dinge wat ek gedoen het (toe my pizza-aflewering nie op die voorstoep gelos is nie). 


Voel jy ook so?


Daar is egter 'n goue randjie om die Corona-wolk. Ons aanbid tog 'n God wat belowe het dat hierdie virus heeltemal onder Jesus se beheer is (Efesiërs 1:22) en sal/moet ten goede meewerk vir God se kerk (Romeine 8:28). Dit beteken dat selfs die virus ook die knie moet buig en onderdanig wees aan Jesus. Deur die geskiedenis heen is hierdie feit nog nooit verkeerd bewys nie: 


Christus is groter as ___________. 


Josef (van die Ou Testament) het nie geweet watter seëninge sou voortspruit uit sy broers se verraad en die baie nagte wat hy in afsondering in die Egiptiese tronk moes deurbring nie, maar God was groter as sy omstandighede (Genesis 45:7-8). Ook kon Josef (van die Nuwe Testament) homself nie voorstel hoe die koninkryk aarde toe kon kom toe keiser Augustus 'n ontydige sensus uitgevaardig het nie (Betlehem? Nou? Terwyl Maria verwagtend is?), maar God was groter as die hindernis wat Josef in die gesig gestaar het (Lukas 2:1-20). Petrus, Johannes en Maria Magdalena het net die tragedie gesien toe Judas vir Jesus verraai het, toe Pilatus sy hande in onskuld gewas het en toe die Romeinse soldate die spykers ingekap het, maar God was besig om aan die grootste plan vir almal te werk — ons redding (Handelinge 4:28)!


Wat is God dan besig om deesdae onder ons te doen? Hoe gebruik Christus elke infeksie, elke vrees, elke ompad in ons lewens tot voordeel van sy planne en doelwitte? Hoe werk Hy dit alles uit . . .


Christus is groter as Corona.


Ek kan aan ten minste tien seëninge dink wat God ons kan gee op hierdie pad met Coronavirus infeksies. Ek vertrou dat ek in die volgende klompie dae jou oë sal oopmaak, sodat jy Hom selfs nou en hier kan prys. 


Aangaande hierdie leesplan

Christ > Corona

Die Coronavirus en die onbekende, die onderbrekings, kansellasies en sosiale afsondering is nog lank nie verby nie. Dit beteken dat so baie van die seëninge waarvan ons hou, nog vir maande lank nie beskikbaar gaan wees n...

More

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie Leesplan verskaf. Besoek https://timeofgrace.org/welcome-to-time-of-grace/?togipsrc=youversion&togpreselect=1-2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid