Leesplan inligting

Christus is groter as CoronaVoorbeeld

Christ > Corona

DAG 5 VAN 11

Seëning #4: Leer Ons Dankbaarheid


"Ek het GEEN idee hoe my vrou my seun vyf dae 'n week hanteer nie!" 


Dit was 'n boodskap wat 'n gemeentelid my vandag gestuur het. My bruid hou sondagskool vir 28 kleintjies vir nege maande lank elke jaar. Hierdie ma het egter slegs na nege dae, met minder kinders, gesukkel om nie kop te verloor nie. Sy is nie die enigste een nie!


Ek het oor die afgelope paar dae baie dankbaarheid raakgesien. Dankbaarheid vir die onderwysers wat 'n klas se aandag moet behou. Dankbaarheid vir dokters en verpleegsters wat skofte werk en hulle eie gesondheid in gevaar stel. Dankbaarheid vir die winkelassistent wat ekstra ure werk om seker te maak dat die rakke vol vars groente en twee-laag toiletpapier is.


Dalk is die Coronavirus besig om ons oë oop te maak om die opofferings raak te sien wat jare lank ongesiens verbygegaan het. Koning Dawid het gesing: "Ek wil die Here loof en nie een van sy weldade vergeet nie." (Psalm 103:2) Dawid wou nie hê sy siel moes vergeet van al die voordele en seëninge wat die Here vir hom gee nie. Ons Vader wil ook nie hê dat ons vergeet nie.


Kom ons kyk vandag om ons en sien die opofferings raak. Kom ons vervang ons kritiese natuur met voortdurende dankbaarheid vir hulle wat ons dag na dag dien. Die kommentaar spasie op sosiale platforms, het ons in foutvinders laat verander. Dalk verander die Coronavirus ons in prys-uitdelers.


As dit waar is, sal dit bewys dat Christus groter as Corona is.


Aangaande hierdie leesplan

Christ > Corona

Die Coronavirus en die onbekende, die onderbrekings, kansellasies en sosiale afsondering is nog lank nie verby nie. Dit beteken dat so baie van die seëninge waarvan ons hou, nog vir maande lank nie beskikbaar gaan wees n...

More

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie Leesplan verskaf. Besoek https://timeofgrace.org/welcome-to-time-of-grace/?togipsrc=youversion&togpreselect=1-2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid