Leesplan inligting

Christus is groter as CoronaVoorbeeld

Christ > Corona

DAG 2 VAN 11

Seëning #1: Leer Ons Dat Ons Sterflik is


Moses het op 'n keer so gebid: "Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom." (Psalms 90:12) Die daaglikse, stygende dodetal in die nuus se hoofberigte, is 'n herinnering hoe sterflik ons is. Ons almal. Sommige sterf vroeër, ander later. Sommige sterf aan natuurlike oorsake, ander weens die genadelose virus. Die feit dat die virus aansteeklik is en ons kan sterf, is 'n boodskap wat baie van ons nou nodig het. Ons griepinspuitings en eerstewêreldse gesondheidsorg kan ons onsterflik laat voel, totdat 'n virus, wat nie eens met die blote oog gesien kan word nie, ons aan ons verganklike menslikheid herinner. Ons is net stof, en elke dag is 'n bewys daarvan. (Psalms 103:14)


Dis geen wonder dat Moses in die volgende vers uitroep: "Hoe lank nog, Here, voordat U ons te hulp kom? Ontferm U tog oor ons." (Psalms 90:13) In die lig van ons sterflikheid, het ons God se toegeeflikheid nodig om elke virus en vorm van geweld te keer wat ons lewens kan verkort. Ons het sy medelye nodig, sy vriendelikheid en genade, anders gaan ons dit nie maak nie. Net een oningeligte virusdraer kan een keer hoes, met die uitblaas van sy asem kan jou lewe vir ewig verander. God, ontferm U oor ons. Bewys medelye aan ons!


Tog, te midde van al hierdie dinge, het Moses presies geweet wat ons nodig het. Hy het die waarheid herken wat ons vrese in blye hoop verander: "Skenk ons elke dag u liefde in oorvloed, dat ons ons lewe lank mag juig en bly wees." (Psalm 90:14)


Dit was my oggendgebed toe Corona nog net 'n glas vol bier was. Deesdae bid ek nog steeds, maar met baie meer oortuiging. So baie is van ons weggeneem, tog bly God se liefde. Die onfeilbare aard van sy liefde vir ons, is die bron van blydskap wat ons vir die "res van ons lewe" laat sing, ook deesdae in hierdie onsekere tye. Al is jy sterflik, is Jesus se onfeilbare liefde wat Hy aan die kruis bewys het, die sleutel tot ons onsterflikheid.


Erken dus hoe gou jou lewe tot 'n einde kan kom. Onthou dan dat jou lewe saam met God, deur Jesus, nooit sal ophou nie. 


Want: Christus is groter as Corona.


Aangaande hierdie leesplan

Christ > Corona

Die Coronavirus en die onbekende, die onderbrekings, kansellasies en sosiale afsondering is nog lank nie verby nie. Dit beteken dat so baie van die seëninge waarvan ons hou, nog vir maande lank nie beskikbaar gaan wees n...

More

Baie dankie aan "Time of Grace" Bediening wat hierdie Leesplan verskaf. Besoek https://timeofgrace.org/welcome-to-time-of-grace/?togipsrc=youversion&togpreselect=1-2 vir meer inligting

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid