Leesplan inligting

Nie Bang Nie: Hoe Christene op Krisisse kan ReageerVoorbeeld

Not Afraid: How Christians Can Respond to Crises

DAG 5 VAN 5

Nie bang te midde van 'n krisis nie 



Ons het oor 'n paar maniere gepraat waarop ons as volgelinge van Christus op krisis — en noodsituasies kan reageer. Ons leef nie in vrees nie; ons leef in geloof. Ons leef opofferend, nie selfsugtig nie. Ons laat ook die lig skyn; ons steek dit nie weg nie. 



Daar is 'n ander verhaal uit die lewe van Jesus wat vir ons nuttig is te midde van die storms van die lewe. 



Jesus en sy dissipels was in 'n boot in die middel van 'n hewige donderstorm. Jesus het agter in die boot lê en slaap. Die dissipels was vreesbevange en oortuig dat hulle op die punt was om te verdrink. Dit is hoe dit afgespeel het: 



Jesus het agter in die skuit gelê en slaap met sy kop op ’n kussing. Sy dissipels maak Hom toe wakker en sê vir Hom: “Leermeester, gee U nie om dat ons besig is om te vergaan nie?” Jesus het opgestaan, die stormwind ernstig aangespreek en vir die see gesê: “Bedaar! Word kalm!” Toe het die wind gaan lê en daar het ’n groot rustigheid gekom. Hy vra toe vir hulle: “Hoekom is julle so verskrik? Vertrou julle My nog steeds nie?” Hulle was heeltemal oorweldig en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy werklik? Selfs die wind en die see luister na Hom!” Markus 4: 38-41 NLV



Die dissipels het te midde van die onbekende, paniekbevange geraak en vergeet dat Jesus letterlik daar by hulle was. Hoe gereeld doen ons dieselfde ding? 



Ons raak paniekbevange dat die ergste moontlik gaan gebeur, terwyl ons vergeet dat Jesus nou by ons is, net soos toe hy by die dissipels was. 



Terug na die verhaal. Jesus het die storm stilgemaak, maar dit het nie regtig oor die storm gegaan nie. Die dissipels het ontdek dat Jesus magtiger was as enigiets wat oor hul lewenspad mag kom en daardie kennis alleen gee ons die geloof om vandag die vrees te oorwin.  



Want die saak staan so: Jesus sal dalk nie altyd die storm om jou kalmeer nie, maar Hy belowe om altyd by jou te wees. 



In reaksie op noodgevalle, natuurrampe, pandemies en enigiets anders op ons lewenspad, kan ons die Een aanbid wat nie verbaas is oor wat met ons gebeur nie, maar saam met ons daardeur stap. 



Bid: God, ek kom na U, 'n bietjie angstig oor _____. Maar ek weet dat U hier by my is, net soos U by die dissipels was te midde van hulle storm. God, ek vra U om my vandag hier te ontmoet in my storm. Wys my hoe om vrees met geloof te oorwin. Help my om 'n lig te laat skyn in die aangesig van die duisternis, en help my om enige ongeloof te oorkom. Dankie vir wie U is en dat U belowe om altyd by my te wees. In die Naam van Jesus, amen.  


Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Not Afraid: How Christians Can Respond to Crises

As 'n krisis in ons wêreld plaasvind, is dit maklik om ons geloof te bevraagteken, en is dit moeilik om die paniek wat ons ondervind te vervang met die vrede wat ons as volgelinge van Jesus beloof is. In hierdie vyf-dag ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid