Leesplan inligting

Nie Bang Nie: Hoe Christene op Krisisse kan ReageerVoorbeeld

Not Afraid: How Christians Can Respond to Crises

DAG 4 VAN 5

Ons laat die lig skyn; ons steek dit nie weg nie. 



In tye van nood ontdek ons ​​dikwels dat paniek aansteeklik is. Maar die goeie nuus is dat die boodskap van Jesus baie meer aansteeklik is as enige chaos waarmee ons te kampe het. Hoe kan ons, as die kerk, dus op chaos reageer? 



Ons laat die lig skyn; ons steek dit nie weg nie. Kyk na hierdie woorde van Jesus: 



“Julle is die lig wat die wêreld moet verlig. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan mos nie weggesteek word nie! ’n Mens steek ook nie ’n lamp op en maak dit onder ’n emmer toe nie. Inteendeel! Jy sit dit bo-op ’n lampstaander. Dan maak dit lig vir almal in die huis. Julle moet so voorbeeldig lewe dat julle ’n helder lig sal laat uitstraal. Dan sal die mense dit sien en julle hemelse Vader daarvoor prys!" Matteus 5:14-16 NLV



As die wêreld donker word, laat ons ons lig skyn. Ons steek onsself nie weg nie. Ons gryp elke geleentheid aan om donker plekke op te helder met die lig van God se liefde. Hoe lyk dit in noodgevalle? 



Ons help ons bure. Ons gee ruimhartig aan die kerk en ander organisasies wat 'n verskil maak in die gemeenskap en diegene help wat deur tragedie geraak word. Ons dien ander deur etes na mense te neem, ons voorraad te deel, en ontelbare ander dinge. 



Want die ding is: om Jesus te volg is nie net iets wat ons een keer per week doen as ons kerk toe gaan nie. Om Jesus te volg is 'n radikale, daaglikse besluit om in onsself te sterf en God en ander eerste te stel.



In onseker tye is mense meer geneig as ooit om na antwoorde te soek. Mense soek na hoop. 



Kom ons wees mense wat nie net sê dat ons ander liefhet nie — laat ons regtig lief wees vir hulle. Laat ons bekend staan vir meer as net om weekliks byeen te kom. Laat ons bekend staan om in behoeftes te voorsien, om hoop uit te deel en om lig in duisternis te laat skyn. 



Wat kan ons te midde van 'n krisis doen? Ons laat die lig skyn; ons steek dit nie weg nie. 



Bid: God, U het my soveel gegee. Help my om u liefde met ander op my pad te deel. Help my om meer as weeklikse geloof te hê. Wys my hoe dit lyk om U daagliks te dien. Maak my oë oop om u lig vir ander te laat skyn. Help my om u liefde en hoop te deel met ander wat op soek is na antwoorde. In die Naam van Jesus, amen. 


Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Not Afraid: How Christians Can Respond to Crises

As 'n krisis in ons wêreld plaasvind, is dit maklik om ons geloof te bevraagteken, en is dit moeilik om die paniek wat ons ondervind te vervang met die vrede wat ons as volgelinge van Jesus beloof is. In hierdie vyf-dag ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid