Leesplan inligting

Nie Bang Nie: Hoe Christene op Krisisse kan ReageerVoorbeeld

Not Afraid: How Christians Can Respond to Crises

DAG 1 VAN 5

Hoe reageer ons as Christene te midde van 'n krisis? 


 

Wanneer 'n krisis in ons wêreld plaasvind, is dit maklik om ons geloof te bevraagteken, en is dit moeilik om die paniek wat ons ondervind te vervang met die vrede wat aan ons as volgelinge van Jesus beloof is. 



Wat kan ons as Christene doen in reaksie op natuurrampe, pandemies of enige ander vreesaanjaende en onbekende gebeurtenisse? 



Eerstens moet ons onthou dat hierdie wêreld nie ons tuiste is nie. Die Skrif herinner ons daaraan dat hierdie wêreld tydelik is — dit is net 'n damp. Beteken dit dat ons net ongeërg is oor wat om ons aangaan? Natuurlik nie! Ons hoef nie aan die wêreld gelyk te word nie, maar ons is veronderstel om die wêreld lief te hê. 



Ons reaksie in die nadraai van gevaar of onsekerheid is nie om pyn te ignoreer nie, maar om mense na God se vrede te lei. 



Ons word ook in die Skrif daaraan herinner dat ons nie leef soos dié wat geen hoop het nie. Omdat ons weet wat Jesus vir ons gedoen het, kan ons vol vertroue wees dat Hy altyd by ons is. Dus, as 'n ramp toeslaan, word ons nie geskud nie, omdat ons weet dat ons nie in die steek gelaat word nie. 



Jy mag vrae hê oor hoe 'n goeie God sulke verskriklike dinge in hierdie wêreld kan laat gebeur. En dit is goed om die vraag te vra. God ontwyk nie ons vrae nie; Hy nooi ons na Hom toe. 



Die waarheid is dat Jesus ons nooit 'n lewe vry van pyn belowe het nie. Inteendeel, Jesus het ons belowe dat daar in hierdie wêreld moeilikheid sal wees. Dit sal 'n mate van onsekerheid meebring. Maar ons kan steeds hoop hê, want dit is nie ons eindbestemming nie. Dit is wat Jesus daaroor gesê het: 



“Ek sê hierdie dinge vir julle sodat julle in My rus en vrede kan vind. In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin." Johannes 16:33 NLV



Verstaan jy waar die vrede vandaan kom? Jesus is die enigste plek waar ons vrede kan vind, ongeag die probleme wat ons in die gesig staar. En as gevolg van wat Jesus vir ons gedoen het, kan ons bemoedig word, omdat ons weet hoe die verhaal eindig. Eendag sal God alle onregte regmaak.



Wanneer vandag dus onseker lyk, onthou dat ons in Christus, 'n standvastige hoop het wat nie op grond van ons huidige omstandighede verander nie. In die volgende paar dae gesels ons oor meer perspektiewe en praktiese dinge wat ons kan doen om die liefde van Jesus te deel wanneer 'n tragedie toeslaan. 



Bid: God, ek kom vandag, vreesbevange oor _____. God, ek weet dat U nie verbaas is oor iets wat gebeur nie, daarom vra ek U om my vrees met geloof te vervang. Help my om vandag u vrede en teenwoordigheid op tasbare, onverwagte maniere te voel, sodat ek die hoop wat ek in U het met ander kan deel. Dankie dat U my nooit verlaat nie en dat U belowe om altyd by my te wees. In die Naam van Jesus, amen. 


Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Not Afraid: How Christians Can Respond to Crises

As 'n krisis in ons wêreld plaasvind, is dit maklik om ons geloof te bevraagteken, en is dit moeilik om die paniek wat ons ondervind te vervang met die vrede wat ons as volgelinge van Jesus beloof is. In hierdie vyf-dag ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid