Leesplan inligting

Nie Bang Nie: Hoe Christene op Krisisse kan ReageerVoorbeeld

Not Afraid: How Christians Can Respond to Crises

DAG 2 VAN 5

Ons leef in geloof, nie in vrees nie. 



Ons leef in 'n tyd waar daar geen tekort aan inligting is nie. En dit is 'n ongelooflike voorreg! Veral in tye van rampe is dit wonderlik om vinnig te kan kommunikeer, vinnig te kan optree en wêreldgebeure te kan dophou. As ons egter te veel inligting inneem — veral in isolasie — kan dit ons angstig, oorweldig en alleen laat voel. 



In 'n wêreld waar daar elke uur 'n nuwe nuusopskrif is, kan dit maklik wees om in vrees te begin leef. As volgelinge van Jesus word ons egter geroep om in geloof te leef — nie in vrees nie. 



Paulus herinner ons hieraan in 2 Timoteus: 



Want God het ons nie ’n gees van lafhartigheid gegee nie, maar van krag, liefde en selfbeheersing. 2 Timoteus 1:7 NLV 



Die vrees wat ons dikwels ervaar, kom nie van God af nie. Wanneer ons bang begin voel, is dit die perfekte tyd om te bid. Dit beteken nie dat ons nooit vrees sal ervaar nie. In werklikheid kan vrees ons dikwels motiveer om die regte ding te doen, om gevaar te vermy of om wyse keuses te maak. Maar ons kan nie toelaat dat gevoelens van vrees ons geloof in God oorheers nie. 



Hoe kan ons dit doen as ons gebombardeer word met berigte oor die volgende groot tragedie? 



Dit is wat Jesus gesê het: 



“Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie." Johannes 14:27 NLV



Jesus sê nie ons moenie bang wees omdat ons altyd die uitkoms sal kry waarvoor ons vra nie. In plaas daarvan belowe Hy vrede, omdat ons toegang het tot sy teenwoordigheid. Jesus sê dat vrede 'n geskenk is. Dit beteken dat Jesus ons elke oomblik van elke dag vryelik vrede bied. Ons taak is om dit te aanvaar. Om dit te ontvang. Om voortdurend na God te gaan en te vra vir sy vrede te midde van die probleme van die lewe. 



Wat kan Christene dus doen wanneer ons die onbekende rampe in die gesig staar? Ons kan onthou dat ons in geloof leef, nie in vrees nie. 



Bid: God, ek voel so bekommerd oor _______. Ek weet nie wat gaan gebeur nie, maar ek weet dat U nie verbaas is nie en dat U alles ten goede laat meewerk. God, help my om U vandag ten volle te vertrou. Versterk my geloof vandag, Here. Ek vra U vir u vrede. Dankie dat U ons vryelik gemoedsrus gee, ongeag wat om ons gebeur. In die Naam van Jesus, amen.  


Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Not Afraid: How Christians Can Respond to Crises

As 'n krisis in ons wêreld plaasvind, is dit maklik om ons geloof te bevraagteken, en is dit moeilik om die paniek wat ons ondervind te vervang met die vrede wat ons as volgelinge van Jesus beloof is. In hierdie vyf-dag ...

More

Baie dankie aan Life.Church wat hierdie leesplan aan ons voorsien het. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.life.church/

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid