Leesplan inligting

Om Deur Geestelike Valleie te Gaan Voorbeeld

Walking Through Spiritual Valleys

DAG 5 VAN 5

Moenie Moed Opgee Nie



Die besluite wat jy vandag neem, sal jou verhale van môre bepaal. — Craig Groeschel



Die geestelike valleie wat ons beleef mag kortstondig wees of hulle mag ons vir 'n onbepaalde tyd vergesel. Niemand weet wanneer hulle dit sal beleef nie of hoe lank hulle daarin sal bly nie. Ons weet slegs dat niemand immuun is teen geestelike valleie nie.



Wat as jy dus steeds kniediep in hierdie vallei is en jy sien nie regtig 'n flikkering van lig op die horison nie? Of miskien sien jy 'n klein flikkering van lig, maar die dae is steeds so moeilik dat jy nie daarvan seker is nie. Dis die dae waar jou geloof 'n kerf opwaarts beweeg, al sien of voel jy dit nie. Inteendeel, sommige dae voel dit of jy agteruit beweeg. Dalk hét jy vir 'n oomblik gegly, maar tog gaan jy steeds vooruit. 

 

Verbeel jou jy is op 'n trappie wat jou huidige geloofsvlak verteenwoordig. Om op die volgende vlak van geloof en groei te kom, "van heerlikheid na heerlikheid", hoef ons net die volgende tree te gee. Jou geloof is besig om te groei en te vermeerder selfs al lyk die resultate onbenullig. Jy word meer soos Jesus, selfs al voel jy dat jy nog steeds deur die vlees beheer word. Tog, wanneer ons terugkyk om onsself te bemoedig met ons vordering, sal ons 'n stel trappe agter ons sien wat ons nie eens besef het ons uitgeklim het nie.



Moenie moed opgee nie en moenie moeg raak nie. Jou God sal jou hierdeur help. Net soos wat Hy die vorige keer gedoen het — en die keer voor dit. Ja, selfs ook die keer vóór dit. Moet dus nie te gemaklik raak in hierdie wagkamer waarin jy is nie. Jou deurbraak is op pad.



Oordink




  • Jy ken moontlik mense wat altyd lyk of hulle 'n geestelike hoogtepunt bereik het of mense wat 'n bestendige pad saam met Christus stap. As dit so is, vra hulle daaroor uit. Hulle is nie perfek nie en hulle het ook nie altyd alles onder beheer nie. Dus, vra hulle hoe hulle deur hul eie geestelike valleie gaan. 

  • Onderneem om jouself aan God te wy en dat jy sal koers hou en op Hom vertrou soos wat Hy jou deur hierdie geestelike droogte bring. Met sy hulp het jy dit onder beheer!

Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Walking Through Spiritual Valleys

As volgelinge van Christus verkies ons om hoogtepunte in ons geloof te beleef. Dis egter eerder in die geestelike valleie en dieptes waar ons gewoonlik leer om te groei en waar ons geloofshorisonne kan verbreed. Met hier...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid