Leesplan inligting

Om Deur Geestelike Valleie te Gaan Voorbeeld

Walking Through Spiritual Valleys

DAG 4 VAN 5

Dit Het Gebeur



Soms, wanneer jy in 'n donker plek is, voel dit of jy begrawe is. Inderdaad is jy eintlik geplant. — Christine Caine 



As jy al die Ou Testament gelees het, sal jy moontlik die frase "dit het gebeur" raak gelees het. Dit word weer en weer gebruik; of dit nou gaan oor vloedwaters wat die aarde bedek het of oor God wat die beloofde land aan die Israeliete gegee het. Let op dat die frase nie sê"dit bly so nie." Dieselfde geld vir jou geestelike vallei. Dit sal nie vir altyd so bly nie. Dit sal verbygaan.



Tot tyd en wyl dit gebeur, is ons midde in die vallei. Wat ons doen terwyl ons in hierdie vallei is, bepaal dikwels die resultaat. As ons in 'n seisoen is waar ons ver van God verwyder voel, moet ons kyk hoe God ons laat groei en verander. Hier is 'n paar neweprodukte van 'n geestelike droogte: 

 

Meer Empatie

Die kanse is groot dat jy met 'n vriend of vriendin gesels het wat deur hul eie geestelike worsteling gaan. Om selfs net na hulle te luister, sal jou las verlig en jou aanmoedig om die pas vol te hou. As gevolg van jou eie reis, sal jy in staat wees om ander te help wat dieselfde pad as jy stap. Dit is natuurlik ook belangrik om die dinge wat jy op jou reis teëgekom het met ander te deel, sodat hulle ook bemoedig kan word. 



Dieper Nabyheid



As moeilikheid in ons rigting kom, hardloop ons óf na God toe óf weg van Hom af. As ons van Hom af weghardloop, sal ons nooit weet wat Hy ons in hierdie seisoen wou wys nie. As ons egter na Hom toe hardloop, leer ons Hom beter ken, kan ons Hom dieper liefhê en Hom heelhartig vertrou. As ons nooit vertroosting nodig het nie, sal ons nooit ons Vertrooster leer ken nie. 



Ons moet besef dat ons niks in ons eie krag kan oorkom nie. Dit is eintlik juis wanneer ons erken dat ons swak is, dat ons God se krag in oorvloed ondervind. Ons ontdek 'n nuwe vlak van krag in ons lewens — dieselfde krag wat Christus uit die dood opgewek het, is te alle tye tot ons beskikking. 



Alhoewel niemand uitsien na moeilike tye in hulle lewens nie, vind daar tog soveel geestelike groei aan daardie kant plaas. Miskien het jy jou werk verloor of 'n verhouding in jou lewe, en dit het werklik 'n groot impak op jou. As jy eers aan die anderkant van hierdie seisoen is, sal jy in staat wees om terug te kyk en te sien waar God besig was om te werk en hoe Hy jou verander het.



Ons is desperaat om uit hierdie geestelike droogtes te kom, maar miskien moet ons dit eerder aangryp. Ons kan uitsien na dit wat God in en deur ons sal doen as ons Hom vertrou, al sien ons nie waar ons volgende treë sal wees nie. Kom ons neem dit in elk geval. Hy sal ons pad verlig die oomblik as ons in geloof ons voet optel. 



Oordink




  • Op watter manier het jou uitdagende seisoen jou gehelp om die groter prentjie te sien wat God vir jou het?

  • Watter stap van geloof moet jy vandag neem al is jy huiwerig?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Walking Through Spiritual Valleys

As volgelinge van Christus verkies ons om hoogtepunte in ons geloof te beleef. Dis egter eerder in die geestelike valleie en dieptes waar ons gewoonlik leer om te groei en waar ons geloofshorisonne kan verbreed. Met hier...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid