Leesplan inligting

Om Deur Geestelike Valleie te Gaan Voorbeeld

Walking Through Spiritual Valleys

DAG 3 VAN 5

Terug na die Basiese Beginsels  



Om God se plan te vertrou is die enigste geheim waarvan ek weet in die fyn kuns om nie benoud te raak nie. — Lysa Terkeurst 



Nadat jy die deur eerste twee dae van hierdie leesplan is, hoop ons dat jy bemoedig sal wees in die wete dat hierdie geestelike droogte waardeur jy gaan, 'n algemene ervaring vir alle volgelinge van Christus is. Nie net dit nie, maar ook die wete dat ons Redder self moeilike tye verduur en alleen gevoel het, terwyl Hy hier op aarde geleef het en dat dit jou dus 'n geestelike hupstoot sal gee.



Wat doen ons dus as ons geestelik verdor is? Daar is sekere dinge wat ons kan beoefen om ons uit ons geestelike put te help klim. Hier is 'n paar gedagtes om oor na te dink: 



Sit Agteroor

Die heel eerste ding wat ons moet doen in hierdie uitdagende seisoen is om eenvoudig in God te rus. Hy is ons plek van veiligheid en beskutting teen die vernietigende storms. Sy arms is beslis in staat om ons diepste seer te hanteer. Sit dus agteroor. Roep Hom aan as jy wil. Weet net, Hy hou jou vas.



Geloof Eerste

Ons moet eerstens ons geloof vertrou en ons emosies op die agtergrond skuif. Daar is al gesê dat ons dikwels ons twyfel glo en twyfel aan ons geloof. Ons moet dit omdraai. Om te glo en vas te hou aan die waarheid wat ons in die geestelike oorvloedige seisoene van ons lewens geleer het, sal ons deur die valleie dra wanneer ons begin twyfel. 



Evalueer Jou Invloede

Wanneer jy 'n geestelike tekort beleef, moet jy evalueer wat jou die meeste beïnvloed. Waarna kyk of luister jy? Met wie bring jy jou tyd deur? Dit is wys om te probeer vasstel wie en wat 'n impak op ons maak, of ons weet hulle beïnvloed ons of nie.



Geestelike Praktyke

Is dit nie snaaks dat die dinge waarvoor ons nie lus voel tydens ons geestelike droogtes nie, juis die dinge is wat ons eintlik nodig het om ons weer geestelik te help herlaai nie? Dit voel soos werk om die Bybel te lees, te bid, God te prys of om selfs kerk toe te gaan, dus doen ons dit nie. Wanneer ons daarmee ophou, verhonger ons geestelik selfs nog meer. Ons moet kies om in ons geestelike herlewing te belê, selfs al skree ons gevoelens daarteen. 



Ons hoef nooit God se liefde en aanvaarding met ons dade te verdien nie. Enigiets wat ons doen om geestelik op koers te bly sal ons help om nader aan Hom te groei. Om uit ons geestelike droë seisoen te kom, moet ons dieselfde dinge doen as toe ons in 'n gesonde seisoen was. As ons dít doen, sal ons uiteindelik weer geestelik vervul word.  



Oordink




  • Watter rol het jou gevoelens gespeel in jou droë seisoen? Het dit jou vlak van geloof bepaal of het jy toegelaat dat jou geloof jou gevoelens beheer?

  • Wat is die eerste geestelike praktyk wat jy geneig is om af te skeep as jy geestelik sukkel? Verbind jou aan God om voortdurend tyd aan Hom te wy, selfs al voel Hy ver weg.

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Walking Through Spiritual Valleys

As volgelinge van Christus verkies ons om hoogtepunte in ons geloof te beleef. Dis egter eerder in die geestelike valleie en dieptes waar ons gewoonlik leer om te groei en waar ons geloofshorisonne kan verbreed. Met hier...

More

Hierdie oorspronklike leesplan is deur YouVersion geskep en verskaf.

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid