Leesplan inligting

Noodsaaklikhede vir die LeweVoorbeeld

Essentials For Living

DAG 11 VAN 16

Hoe Sal Jou Besluit Ander Beïnvloed?

Een van die grootste foute wat ons in die lewe maak, is om te vergeet hoeveel ons optrede mense om ons kan beïnvloed. Elke dag staan ons voor die versoeking om besluite te neem wat die beste vir onsself mag wees, maar wat 'n verwoestende effek op die mense om ons se lewens kan hê. As jy wyse besluite wil neem, moet jy jouself afvra: “Sal my keuse ander mense benadeel?”


Dit staan lynreg in teenstelling met ons kultuur. Ons kultuur leer ons om net aan onsself te dink. God verwag egter van ons dat ons meer aan ander sal dink as aan onsself. Trouens, die Bybel sê dat ons eendag deur God geoordeel sal word oor hoe ons besluite ander se lewens beïnvloed het.


Romeine 14:12-13 sê: “Elkeen van ons sal dus oor homself aan God rekenskap moet gee. Laat ons mekaar dan nie meer veroordeel nie. Neem julle liewer voor om niks te doen wat jou broer kan aanstoot gee of tot 'n val kan bring nie.”


Jy sal moontlik nie daarvan hou om dit te hoor nie, maar of jy daarvan hou of nie, jy word dopgehou — altyd. As jy 'n ouer is, moet jy veral bewus wees dat jong ogies alles dophou wat jy doen. Jy moet versigtig wees wat jy sê en doen, want jy beïnvloed nie net jóú lewe nie, maar ook die volgende geslag s'n.


Toon respek vir gesag. As 'n verkeersbeampte jou aftrek vir 'n boete, behandel jy hom met respek, selfs al dink jy dat hy verkeerd is.


Moenie jou werk bel en sê dat jy siek is as jy eintlik saam met jou gesin vir die dag strand toe gaan nie.


Moenie voorraad vir persoonlike gebruik huis toe bring, wat jy by die werk gesteel het nie.


Moenie voor jou kinders spog oor al die maniere waarop jy Jan Taks in belasting ontduik nie.


Moenie die aaklige dinge wat op TV en in die flieks wys, saam met jou kinders kyk nie. Dink daaraan of jý enigsins daarna moet kyk.


Volwasse mense beperk hulle vryheid tot ander se voordeel. Is dit omdat jy bang is vir wat ander mense sal dink? Natuurlik nie. Jy doen dit uit liefde. In situasies waar daar nie 'n duidelike reg of verkeerd is nie, moet jy jouself afvra: “Hoe sal my besluit ander mense beïnvloed?”


Luister na vandag se klankgreep van Pastoor Rick >>


Dag 10Dag 12

Aangaande hierdie leesplan

Essentials For Living

Daar is vyf noodsaaklikhede wat jy in die lewe moet hê om werklik te leef. Sluit aan by Pastoor Rick vir hierdie leesplan, waarin hy diep delf in die redes waarom jy krag vir die lewe, mense in jou lewe, beginsels waarvo...

More

Hierdie leesplan © 2015 deur Rick Warren. Alle regte voorbehou. Met toestemming gebruik. Vir meer inligting, besoek gerus: http://www.PastorRick.com

YouVersion gebruik koekies om jou ervaring persoonlik te maak. Deur ons webwerf te gebruik, aanvaar jy ons gebruik van koekies soos beskryf in ons Privaatheidsbeleid